Lamsribstuk met pistasieneut-kors en baba-groente
Foto’s: Donna Lewis Galery
Daar's niks so lekker soos 'n stukkie pienk lam, met die ekstra geur van neute, vir 'n feesmaal nie
- 100 g pistasieneute, fyngekap
- 75 g broodkrummels
- 2 knoffelhuisies, gekap
- 3 roosmaryntakkies, fyngekap
- ’n hand vol pietersielie, fyngekap
- 100 g botter
- 1 lamsribstuk (myne was so 400 g)
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 12 baba-wortels
- 12 baba-rape
- 15 ml olyfolie
- 20 ml tiemie, gekap
Verhit oond tot 180 ˚C. Meng pistasieneute, broodkrummels, knoffel, kruie en botter. Dit moet soos nat grond lyk. Voeg nog botter by as dit te droog lyk. Geur die lamsribstuk met sout en swartpeper. Gebruik ’n skerp mes en sny kepe in die vetkant van die vleis. Plaas pistasie-kors op die vet en druk styf vas sodat die hele oppervlak bedek is. Plaas baba-wortels en rape in ’n oondpan en gooi olyfolie oor. Sprinkel gekapte tiemie oor en plaas in warm oond. Rooster vir 15 minute. Haal oondpan uit oond, plaas lamsribstuk bo-op groente en sit terug in oond. Rooster vir nog 25 minute of totdat die lam nog pienk in die middel is. Jy kan dit langer gaarmaak as jy dit gaarder verkies. Laat vleis vir 5 minute rus en sny in porsies. Sit voor saam met die groente.
Wenk
Koop lamsribstuk sonder die rugstringbeen. Dit maak die snywerk makliker as die vleis gaar is.
Gaarmaaktye
• Taamlik rou – 20 minute
• Tussen rou en halfgaar − 25 minute
• Medium – 30 minute
• Goed gaar – 35 minute
• Laat rus vir nog 8 – 10 minute.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg, Elsabé Dippenaar
Verwante artikels
-
Gebakte lam met baba-aartappels, feta en suurlemoen
SARIE KOS Winter 2010
30 minute
-
Gebakte lamsribstuk met yorkshire-poeding
SARIE Augustus 2011
Daar is maar min dinge in die lewe so lekker soos ’n stukkie sagte lamsvleis wat in die oond gerooster is.
-
Gekrummelde lamstjops
SARIE KOS Somer 2009/10
25 minute
-
Kerrie-lam-skenkel-pastei
SARIE Maart 2010
As jy, soos ek, versot is op lam, kerrie en pastei is die drie-in-een-gereg vir jou!
-
Kruisement-lamsribstuk
SARIE KOS Somer 2009/10
Perfek vir 'n spesiale geleentheid soos Kersfees of Oujaarsaand.
-
Lamskenkels met kwepers
SARIE KOS Winter 2010
Moenie skrik vir die metode van skenkels gaarmaak nie - jy begin al die vorige dag om te verseker die skenkels is lekker sag.
-
Stadiggesmoorde Karoo-lamskenkel
SARIE KOS Somer 2009/10
Druk 'n kerfvurk in skenkel. As jy dit optel en die skenkel gly vanself stadig af, is dit gaar.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd