Lelik-maar-lekker-koekies
Foto’s: Samarie Smith Galery
(maak 50 klein koekies)
- 4 groot eierwitte
- 300 ml (250 g) strooisuiker (vanieljegegeurde strooisuiker kan ook gebruik word)
- 250 g haselneute (of ½ haselneute en ½ amandels), liggerooster en grofgekap
Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer 2 bakplate met bakpapier uit. Klits die eierwitte liggies in 'n vuurvaste bak. Voeg die suiker bietjie vir bietjie by terwyl aanhoudend geklits word. Klits totdat die mengsel styf, blink en glad is. Roer die gekapte neute by. Plaas die bak met die meringuemengsel 15 minute lank oor 'n kastrol met water wat liggies kook en roer aanhoudend. Die mengsel sal dikker word en in volume verminder. Skep klein hopies meringue-mengsel op die voorbereide bakplate. Bak 30 - 40 minute lank of tot die koekies aan die buitekant uitgedroog en strooibruin is. Laat dit afkoel en bêre in 'n lugdigte koekblik.
Verwante artikels
-
Bros koekies
SARIE Januarie 2010
-
Grondboontjiebotter-koekies
SARIE - November 2010
-
Hawermoutkoekies
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Dis soos my ouma Bettie dit gemaak het. Saam met warm moerkoffie is dit baie lekker!
-
Hertzoggies in 'n pan
SARIE - November 2010
Dis 'n baie ligte en goedkoop koekie om te maak.
-
Karameltoffiekoekies
SARIE - November 2010
-
Outydse soetkoekies met groenvye en kaas
SARIE - Augustus 2009
Dis sekerlik een van die lekkerste koekies op aarde
-
Roosmaryn-aartappel-koekies
SARIE KOS Somer 2009/10
-
Spiraalkoekies
SARIE - November 2010
Die beste van twee koekies vasgevang in een!
-
S’mores – malvalekker-en-sjokolade-koekies
SARIE KOS Lente 2009
Kinders is mal oor dié koekies - ook lekker vir markdag.
















Kommentaar