Lemoen-brosbrood met Cambrieni en sitruskonserf

Deur Errieda du Toit, SARIE KOS Herfs 2009

Lemoen-brosbrood met Cambrieni en sitruskonserf Foto’s: Micky Hoyle Galery

(sowat 24 beskuitjies met kaas)

  • 200 ml mielieblom
  • 500 ml koekmeel
  • 250 g gesoute botter, by kamertemperatuur
  • 3 – 5 ml lemoen-essens (verkieslik die natuurlike ekstrak, indien nie beskikbaar gebruik slegs ’n paar druppels kunsmatige lemoengeursel of fyngerasperde lemoenskil)
  • 125 ml strooisuiker
  • 1 Cambrieni-kaas (vir groter groep) of 3 camembert-kase vir 6 – 8 mense

Verhit jou oond tot 200 °C. Voer ’n oondplaat met bakpapier uit, of smeer met botter of teenkleef-spuitmiddel. Sif mielieblom en koekmeel saam. Klop die botter in ’n mengbak tot veerlig en klop lemoen-geursel by. Klop die strooisuiker bietjie vir bietjie by. Voeg die meel by en meng liggies tot ’n sagte deeg vorm. Bedek met kleefplastiek en laat rus sowat 20 minute in yskas. (Dit maak die deeg makliker hanteerbaar wanneer jy dit uitrol.) Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit tot 6 cm dik. Druk sirkels uit met ’n koekiedrukker van so 7,5 cm. Plaas versigtig op ’n bakplaat (moenie dat die deeg rek nie). Bak tot ’n ligte strooikleur, so 10 minute. Pak op ’n afkoelrak. Haal die Cambrieni of camembert minstens 30 minute voor jy dit wil voorsit uit die yskas en sny in wiggies. Bedien wiggies loperige kaas op die brosbrood met ’n skeppie sitruskonserf en -stroop langsaan.                                           

  • Produksie Barbara Joubert

Verwante artikels

  • Brosbrood

    Brosbrood

    SARIE KOS Okt/Nov 2011

    Dit is vir my van die lekkerste koekies op aarde.

  • Lemoensmeer

    Lemoensmeer

    SARIE KOS Herfs 2010

    As jy van suurlemoensmeer (lemon curd) hou, sal jy gek wees hieroor. Skep dit in gebakte tertdoppies of bakkies en jy't 'n heerlike nagereg.

  • Lemoenwiggies gekook in stroop

    Lemoenwiggies gekook in stroop

    SARIE KOS Herfs 2010

    Maak seker die gewig van die lemoene en die suiker is presies dieselfde.

  • Skons met room en konfyt

    Skons met room en konfyt

    SARIE - Januarie 2011

    ek spot altyd en sê 'n skon is 'n brood wat hom croissant wil hou, maar dit nie regkry nie!