Lemoen-yskas-kaaskoek
Foto’s: Donna Lewis Galery
Ek het dié kaaskoek leer maak toe ek nog in restaurante gewerk het. Jy kan dit aanpas nes jy wil - ek hou van sitrus.
(6 - 8 porsies)
- 1 x 200 g-pakkie karamelgeur Mariebeskuitjies
- 80 g botter, gesmelt
- 2 velle gelatien
- 100 ml yswater
- 125 ml laevet-room
- 275 g Bulgaarse jogurt
- sap en skil van 1 suurlemoen
- 130 g suiker
- 80 ml water
- 2 eierwitte
bo-laag
- 2 lemoene, geskil en in dun skywe gesny
Verwerk beskuitjies in 'n voedselverwerker tot fyn. Voeg botter by en meng tot die tekstuur van klam seesand. Voer 'n tertpan van 30 cm met die mengsel uit en laat stol in yskas. Week gelatien-velle in yswater tot sag en gooi water af. Bring room tot kookpunt en voeg sagte gelatien by. Verwyder van hitte en roer tot gesmelt. Meng jogurt, gelatienmengsel, sap en skil van suurlemoen goed met 'n draadklitser in 'n mediumgroot mengbak. Sit suiker en 80 ml water saam in 'n mediumgroot pot. Roer tot gesmelt en bring tot kookpunt oor hoë hitte. Terwyl dit kook, klits eierwitte tot sagte punte vorm. Gooi warm suikerstroop stadig by terwyl jy klits. Klits tot mengsel koud is. Vou eiermengsel by jogurtmengsel in en gooi in tertkors. Sit in yskas om
te stol. Sit voor saam met lemoenskywe.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Amandel-appeltert
SARIE Julie 2011
Die Franse praat van frangipane – dis basies gelyke dele botter en amandels wat tot ’n heerlike gladde pasta gemeng word.
-
Engelkoek
SARIE - Maart 2011
Dié koek word net van eierwitte en meel gemaak. Dis baie lig en delikaat.
-
Kaaskoek met framboos-mascarpone-kaas
SARIE - Desember 2008
Jou familie sal spesiaal voel as jy vir elkeen sy eie klein kaaskoekie bak
-
Kaaskoekterte
SARIE KOS Herfs 2010
As jy 'n kaaskoek verkies wat nie so lank bak nie, kan jy dit verander in 'n kaaskoektert. Gebruik dan quiche-panne (rond of langwerpig). Die vulsel word gehalveer. Onthou om ook die quiche-panne op 'n bakplaat in die oond te plaas.
-
Karamel-kaaskoek-‘broodjies’
SARIE Oktober 2011
-
Kombinasie-kaaskoek
SARIE - Mei 2007
Ek is mal oor kaaskoek en kan nooit besluit tussen die yskaskaaskoek of ’n gebakte kaaskoek nie. En hoekom nie altwee in een koek nie? Onthou om die vorige dag met die koek te begin.
-
Romerige gebakte kaaskoek
SARIE KOS Herfs 2010 | Kommentaar: 2
Dis die klassieke resep met 'n suurlemoengeur.
-
Sjokolade-kaaskoek
SARIE KOS Herfs 2010
Dis baie ryk, maar as jy van sjokolade hou, sal dít geen probleem wees nie!
-
Swartkersie-kaaskoektertjies
SARIE KOS Herfs 2010
Die Duitsers is baie lief vir geblikte swartkersies in hul kaaskoeke. Fantasties!
-
Trio van nageregte
SARIE KOS Augustus / September 2011
As diabeet wil ek nie afgeskeep word met poeding nie. Vandaar die “trio van bessie”- nageregte. Ek sit dit in klein glasies of bakkies voor. Sodoende kan ek van al drie eet sonder om skuldig te voel, en my gaste dink dis fantasties.
















Kommentaar
Tonia Küstner het gesê:
Dit is wat ek gekry het Elize, shame, ek hoop nie dis te laat nie. ons moet hierdie resep probeer!!! "1 sheet gelatin = 2-3 g powdered gelatin, or approx 1 tsp. 3½ sheets = approx. 1 envelope Knox gelatin 4 sheets = approx. 1 Tbsp. powdered gelatin"
2de Mar. 2011, 14:21Tonia Küstner het gesê:
hoeveel gelatine????? ek wil dit baie graag maak, maar het nie velle gelatine nie :(
2de Mar. 2011, 14:09Elize Pienaar het gesê:
as jy nie velle gelatine het nie kan ek die korrel gelatine gebruik en hoeveel
13de Jan. 2011, 11:54