Lemoensmeer
Foto’s: Micky Hoyle Galery
As jy van suurlemoensmeer (lemon curd) hou, sal jy gek wees hieroor. Skep dit in gebakte tertdoppies of bakkies en jy't 'n heerlike nagereg.
(sowat 300 ml)
- 140 g (145 ml) strooisuiker
- 170 ml lemoensap
- 170 g (185 ml) ongesoute botter, in blokkies gesny
- 4 eiergele, geklits
- 2 eiers, geklits
- kwart van 'n lemoen se
fyngerasperde skil (zest) Meng al die bestanddele saam in 'n kastrol. Verhit oor lae hitte terwyl jy roer. Laat prut vir sowat 15 - 20 minute. Jy moet heeltyd roer. Die mengsel moet dik wees voor jy dit van die hitte verwyder. Gooi dan onmiddellik in 'n bak. Laat afkoel voor gebruik. Gebruik in tert- of meringue-doppies of sit net so voor. Garneer met lemoenskil of sit voor met geklopte room.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg; Elsabe Dippenaar
Verwante artikels
-
Lemoen-brosbrood met Cambrieni en sitruskonserf
SARIE KOS Herfs 2009
-
Ouma Mollie se lemoenpoeding
SARIE KOS Lente 2009
My ouma was pastorie-moeder in die Oos-Kaap se Gamtoos-vallei, waar lemoene die vernaamste landbouproduk is. Sy’t hierdie poeding haar “eie konkoksie” genoem.
-
Suurlemoenkoek
SARIE - Julie 2009 | Kommentaar: 5
Vir ons verjaardag-uitgawe van Julie het Nataniël spesiaal 'n suurlemoenkoek gebak. Hier is die resep
-
Suurlemoenpoeding
SARIE KOS Winter 2009
As jy van ’n surigheid hou, is dié een net vir jou. Dit vorm vanself ’n heerlike sous onderin die bakkie
















Kommentaar