Lensie-en-chorizoslaai
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Jy kan dit ook warm eet, maar in die somer is dit baie lekkerder by kamertemperatuur.
(6 - 8 porsies)
- 500 ml droë lensies
- 30 ml olyfolie
- 4 chorizo-worse, in skywe gesny
- 1 rooi soetrissie, in klein blokkies gesny
- 1 geel soetrissie, in klein blokkies gesny
- 1 rooi brandrissie, in ringe gesny
- 1 groen brandrissie, in ringe gesny
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Plaas lensies in 'n kastrol. Gooi koue water oor en maak seker die lensies is goed bedek. Bring tot kookpunt en laat kook tot sag. Dit neem gemiddeld so 45 minute tot 1 uur. Een belangrike wenk wat jy moet onthou, is om geen sout by te voeg as jy lensies kook nie, want dan word die lensies nie sag nie. Dreineer en laat koud word. Verhit olyfolie in 'n pan en braai worse vir sowat 10 minute. Meng nou al die bestanddele en geur met sout en peper. Gooi slaaisous oor.
slaaisous
- 180 ml olyfolie
- 60 ml suurlemoensap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 15 ml korrelmosterd
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Meng alles goed saam.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Bros varklies-slaai
SARIE KOS Somer 2009/10
Ek's mal oor dié kombinasie: warm vleis in 'n koue slaai.
-
Caeser-slaai met woema
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Ja, slaai kan ’n ete op sy eie wees!
-
Chorizowors-en-lensies
SARIE KOS Junie/Julie 2011
So ’n eenpangereg met chorizo is heerlik vullend. Hou ’n botteltjie Tabasco byderhand vir ekstra woema.
-
Fyngesnyde hoenderslaai
SARIE KOS Somer 2009/10
As die aïoli te dik word, voeg 'n eetlepel louwarm water by.
-
Geskroeide beesfilet-slaai met ’n bloubessie-sous
SARIE Januarie 2010
Die sous kan sommer ook ’n marinade word. Die suiker in die bessies sal karamelliseer en die vleis ekstra lekker laat smaak!
-
Hoenderslaai
SARIE Oktober 2011
Dié een is perfek om te maak met Sondag se oorskiet-hoender.
-
Thüringerwors met gebraaide soetrissies
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Neem ’n broodrolletjie en plaas van die soetrissies bo-op. Plaas ’n wors bo-op en jy het ’n heerlike gereg. As jy nie van groen olywe hou nie, kan jy dit net uitlos.
-
Warm slaai van gebraaide kekerertjies en chorizowors
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Sit dié gereg voor met kraakvars brood.
















Kommentaar