Linguini met pesto, mozzarella en tamatie
Foto’s: Donna Lewis Galery
Lig, maklik en vinnig!
(4 – 6 PORSIES)
20 MINUTE
- 60 ml olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, gekap
- 400 g kersietamaties
- 125 g pesto
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 500 g linguini-pasta
- 60 ml botter
- 5 snye brood, in growwe stukke gebreek
- 150 g sagte mozzarella-kaas
- hand vol vars basiliekruid
Verhit olyfolie in middelslagpan tot warm. Plaas ui en knoffel in pan en braai vir 3 – 5 minute. Voeg kersietamaties by en braai vir ’n verdere 3 – 5 minute of tot die tamaties begin bars. Voeg pesto by en
meng goed. Verwyder van hitte en geur goed met sout en peper. Kook pasta volgens aanwysings op pak. Verhit intussen botter in ’n braaipan. Voeg broodstukke by en braai vir sowat 3 minute tot goudbruin en bros. Dreineer pasta en meng by tamatiemengsel. Breek mozzarella en basiliekruid in growwe stukke en meng by. Skep pasta in opdienbak en sprinkel broodstukke oor.
- Assistent Jana van Sittert
Verwante artikels
-
Frikkadelle met tamatiesous en spaghetti
SARIE KOS Augustus / September 2011
Vir my is dit ’n klassieke pastagereg. Vandat ek kleintyd die Walt Disneyfliek Lady and the Tramp gesien het, waar die twee hondjies dié pasta eet, was ekmal daaroor. Begin deur eers die tamatiesous temaak.
-
Garnaal-en-chorizo-linguini
SARIE Julie 2011
-
Linguini met oorskiet-lamsboud
SARIE Julie 2011
Dié een is perfek vir Maandagaand as jy oorskiet van Sondag se lamsboud het.
-
Murgpampoentjie-en-ricotta-pasta
SARIE KOS Augustus / September 2011
-
Pasta met chorizowors en botterskorsie
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Pasta is goedkoop en baie vullend – geen koskas kan sonder dié bestanddeel klaarkom nie.
-
Spaghetti carbonara met olywe
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Die hitte van die warm spaghetti maak die eiergele gaar en vorm so ’n romerige sous.
-
Spaghetti met pesto
SARIE KOS Lente 2009
-
Tamatie-en-mozzarella-pasta
















Kommentaar