Maalvleis-pasteie
Foto’s: Micky Hoyle Galery
(4 porsies)
- 50 ml sonneblomolie
- 500 g maalvleis
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 3 wortels, in blokkies gesny
- 250 ml hoender-aftreksel
- 5 ml gemengde droë kruie
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 5 aartappels, geskil en in dun skywe gesny
- 50 ml botter, gesmelt
Verhit jou oond tot 180 ºC. Verhit die olie in ’n pan. Braai die maalvleis tot dit bruin en los is. Voeg die ui en knoffel by. Braai verder vir sowat 5 minute. Gooi die wortels en aftreksel by. Geur met kruie, sout en swartpeper. Laat oop kook vir sowat 20 minute. Skep in bakkies. Plaas die aartappelskywe bo-op en smeer die botter oor. Bak vir 30 minute in die oond. Sit voor saam met groenslaai.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Kerrie-lam-skenkel-pastei
SARIE Maart 2010
As jy, soos ek, versot is op lam, kerrie en pastei is die drie-in-een-gereg vir jou!
-
Lise Beyers se koue varkvleispasteie
SARIE KOS Herfs 2010
-
Spinasiepastei met fillo-deeg
SARIE KOS April/Mei 2011
















Kry jou SARIE oral, enige tyd