Maalvleispasteie
Foto’s: Donna Lewis Galery
(2 PORSIES)
30 MINUTE
- 45 ml olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, gekap
- 100 g spek, fyngekap
- 200 g maalvleis
- 200 g (½ blik) geblikte tamatie
- 50 g bevrore ertjies
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 1 hand vol vars koljander, gekap
- 1 x 400 g-rol blaardeeg
- 1 eier, liggies geklits
Verhit oond tot 200 °C en verhit olyfolie in mediumgroot pot. Voeg uie en knoffel by en braai liggies tot dit begin verbruin. Voeg spek en maalvleis by en braai nog 5 minute. Voeg tamatie by en verlaag hitte. Laat vinnig kook vir sowat 5 minute. Verwyder van hitte en roer ertjies en koljander by. Geur met sout en swartpeper. Verdeel blaardeeg in die lengte in twee repe. Verdeel vulsel tussen die twee. Skep dit op
die boonste helfte van die deeg en vou onderste helfte bo-oor. Gebruik die plat kant van ’n vurk en druk reg om die rand van die pastei sodat die twee lae deeg aan mekaar vassit. Plaas op ’n bakplaat wat gespuit is met kleefwerende sproei. Gebruik ‘n kwassie om die pasteie met die eier te verf. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor met slaai.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Chorizo-empanadas
SARIE September 2011
-
Hoenderpastei
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 4
Geen familie-Kersfees sal volmaak wees sonder hoenderpastei nie. Hier is dit soos ek dit by my ma leer maak het.
-
Hoenderpastei op die kole
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Ja, jy kan hoenderpastei ook oor die kole maak.
-
Inpak-pasteie
SARIE Augustus 2011
Perfek in jou kospakkie werk toe of as piekniekkos.
-
Lam-en-ertjie-pastei
SARIE KOS Somer 2010/11
-
Lamskenkel-pasteie
SARIE KOS April/Mei 2011
Om die skenkels in pasteie te omskep is veral lekker as jy gaste het. Maak vir elkeen sy eie pastei. So nie kan jy een groot pastei maak.
-
Prei-en-aartappel-pastei
SARIE KOS Okt/Nov 2011
-
Rugby-ontbyt! Ontbytpasteie in 'n bord
SARIE KOS Augustus / September 2011
Die lekker van hierdie gereg is dat jy vir elke ou sy eie pastei in ’n bord bak. Jy kan die pasteie al die vorige aand aanmekaarsit en die oggend net voor die wedstryd in die oond sit.
-
Spek-hoender-en-sampioenpastei
SARIE KOS Augustus / September 2011
Gebruik dungesnyde aartappel as kors vir die pastei. Dis byna iets soos ’n kortpad-herderspastei.
-
Spinasiepastei met fillo-deeg
SARIE KOS April/Mei 2011
-
Vinnige herderspastei
SARIE KOS Somer 2010/11 | Kommentaar: 6
Gereed en op die tafel in 30 minute!













Kommentaar