Macarons

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Somer 2009/10

Macarons Foto’s: Micky Hoyle Galery

(12 macarons)

  • 110 g gesifte fyn amandels
  • 100 g gesifte versiersuiker
  • 2 jumboeierwitte
  • 60 g strooisuiker
  • pienk (of jou gunstelingkleur) voedselkleursel
  • aarbeikonfyt (of konfyt van jou keuse) of botterversiersel

Verhit 'n waaieroond tot 140 ˚C. Sif amandels (wat gesif is reeds vóór jy dit afweeg) en versiersuiker drie keer saam. Klits eierwitte tot stywepunt-stadium. Voeg strooisuiker geleidelik by eierwitte. Klits tot dit blink en baie stywe punte vorm. Vou amandel-en-versiersuikermengsel en voedselkleursel by. Vou baie deeglik in tot die mengsel 'n blink, gladde skynsel het. Skep mengsel in 'n spuitsak en spuit sirkels op 'n bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier. Tik die bakplaat saggies op 'n oppervlak, so 3 tot 4 keer, om die mengsel eweredig te laat versprei. Bak vir 15 - 20 minute. Die koekies is gaar wanneer die buitekant hard is, maar die koekie nog effens beweeg as jy daaraan skuif. Laat afkoel op die bakplaat. Plak macaron-helftes op mekaar met die konfyt of romerige botterversiersel.

Botterversiersel

  • 185 g (200 ml) sagte botter
  • 230 g (120 ml) versiersuiker, gesif
  • 5 ml vanieljegeursel

Room botter met 'n elektriese klitser tot wit en romerig. Voeg gesifte versiersuiker en vanieljegeursel by en meng goed deur.

Weeg al die bestanddele af met 'n skaal en gebruik altyd jumbo-eierwitte. Maak seker dat die amandels reeds gesif is wanneer jy dit afweeg. Amandels wat oorbly ná die sif kan jy sommer gebruik om 'n koek mee te bak. Elke oond verskil. 'n Waaieroond gee die beste resultate. As jy nie 'n waaieroond het nie, moet jy elke 5 minute die oonddeur vir so 10 sekondes oopmaak en dan weer toe. Die hitte is só meer konstant. Macarons is taai in die middel - dis juis die teken van 'n perfekte macaron. Jy kan macarons in enige kleur maak.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels

  • Heuningkoekpoeding

    Heuningkoekpoeding

    SARIE KOS Winter 2009

  • Malvalekkers

    Malvalekkers

    SARIE KOS Somer 2009/10

    Herman Lensing, SARIE se nuwe kosredakteur, het my gewys hoe jy hierdie soort malvalekkers maak. Dis die moeite werd.

  • Malvapoeding

    Malvapoeding

    SARIE KOS Winter 2009

    Juan se keuse, maar Barbara se ouma se resep

  • Rabarber-krummelpoeding

    Rabarber-krummelpoeding

    SARIE KOS Lente 2009

  • Rolpoeding

    Rolpoeding

    SARIE KOS Winter 2009

    Op Engels is dit die bekende roly-poly, opgerol met appelkooskonfyt en in ’n stroop gebak

Web Development by FormFunction