Madeleines
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Dis ’n baie delikate koekie en proe amper soos boudoir-koekies.
SOWAT 18 MADELEINES
- 3 eiers
- 100 g (220 ml) strooisuiker
- 150 g (270 ml) koekmeel, gesif
- 100 g (110 ml) botter, gesmelt
- gerasperde skil van 1 suurlemoen
Verhit oond tot 200 ºC. Smeer madeleine-pannetjies met botter. Skep ’n bietjie ekstra koekmeel in en skud oortollige meel uit sodat pannetjies goed bedek is met meel. Klits eiers en suiker saam tot lig en romerig. Vou 150 g meel versigtig in. Jy moenie die mengsel roer nie. Voeg gesmelte botter en suurlemoenskil by en vou liggies in. Vul pannetjie tot bo en skraap gelyk met agterkant van ’n mes. Plaas in oond en bak vir 12 minute. Haal uit en keer versigtig uit.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Doilie-koekies
SARIE - November 2010
Dié koekies se vorm is geïnspireer deur doilies.
-
Haselneut-madeleines in ’n lepel
SARIE - Februarie 2010
Ek het die idee om madeleines in ’n lepel te bak in ’n Australiese kostydskrif gesien. Dis ’n eenvoudige oplossing as jy nie deftige madeleinepannetjies het nie.
-
Individuele malvapoedings
SARIE KOS Okt/Nov 2011
As jy malvapoedings individueel bak, kan jy dit maklik verkoop.
-
Karameltoffiekoekies
SARIE - November 2010
-
Madeleines
SARIE KOS - Lente 2008
Jy’t ’n madeleine-pannetjie nodig.
-
Rosyntjie-croissants
SARIE KOS Okt/Nov 2011
Dis byna soos chelseabolletjies, maar jy maak dit van croissant-deeg.
-
Soetkoekies
SARIE KOS Winter 2010
Dis die lekkerste koekie in die wêreld - en dis eg Suid-Afrikaans.
-
Ster-koekies
SARIE - Desember 2010
Kry die kinders om die tafel en laat almal saam bak. Sien onder 'n resep vir versiersel, wat koekies perfek vir die Kersboom maak.
-
Witsjokolade-splinterkoekies
SARIE - November 2010
Dis besonder lekker. Ek hou daarvan om hulle buitengewoon groot te maak - koekies waarvan Kersvader sal hou, saam met 'n glas melk!
















Kommentaar