Maklike gesondheidsbrood
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Hierdie brood is volgens die beslagmetode. Dis so maklik, jy kan dit elke dag bak.
- 125 ml spysverteringsemels (digestive bran)
- 125 ml sonneblomsaad
- 200 ml gerolde koring
- 375 ml volkoringmeel
- 250 ml koekmeel
- 10 ml heuning
- 10 ml bruinsuiker
- 5 ml koeksoda
- 3 ml sout
- 500 ml karringmelk
Stap 1
Meng al die bestanddele saam, behalwe die karringmelk.
Stap 2
Voeg die karringmelk by. Jy moet die mengsel goed meng, en dit moet redelik klam wees.
Stap 3
Sit die broodmengsel in 'n gesmeerde broodpan van 18 cm x 8 cm. Strooi nog 'n bietjie sonneblomsaad en gerolde koring oor. Plaas die broodpan in 'n warm oond van 180 °C vir 1 tot 1½ uur tot gaar. Toets met 'n toetspen om seker te maak die brood is gaar.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Spesery-krag: Gebruik dit só om gesonder te bly
SARIE - Mei 2010
Span die krag van speserye só in om jou gesond te hou.




















Kry jou SARIE oral, enige tyd