Malvapoeding

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Winter 2009

Malvapoeding Foto’s: Micky Hoyle Galery

Juan se keuse, maar Barbara se ouma se resep

6 porsies

  • 30 ml botter
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 2 eiers, geklits
  • 280 g (500 ml) koekmeel, gesif
  • 10 ml koeksoda
  • 188 ml melk
  • knippie sout
  • 30 ml fyn appelkooskonfyt
  • 30 ml bruinasyn

Verhit oond tot 180 °C. Room botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg geklitste eiers by en vou gesifte meel in. Meng koeksoda met melk en voeg saam met res van bestanddele by die mengsel. Skep in ’n gesmeerde oondbak van 22 x 18 cm en bak vir sowat 40 minute. Maak intussen die sous. Wanneer poeding gaar is, haal uit en gooi dadelik warm sous oor.

Sous

  • 1 blik ingedampte melk (Ideal Milk)
  • 250 ml warm water
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 30 ml botter
  • 5 ml vanieljegeursel

Gooi ingedampte melk, warm water en suiker in ’n kastrol. Bring tot kookpunt terwyl jy roer. Die suiker moet gesmelt wees voor die mengsel kook. Voeg botter en geursel by. Wanneer botter gesmelt is, gooi warm sous oor warm poeding. Sit voor saam met vanieljeroomys.    

Om te drink
'n Spesiale laatoes-wyn soos Fleur du Cap se Noble Late Harvest 2007.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels

  • Individuele malvapoedings

    Individuele malvapoedings

    SARIE KOS Okt/Nov 2011

    As jy malvapoedings individueel bak, kan jy dit maklik verkoop.

  • Kluitjies gebak in Karamelsous

    Kluitjies gebak in Karamelsous

    SARIE - Junie 2010

    'n Sout seebries vra soetigheid. Kluitjies is in die kol - Herman Lensing

  • Macarons

    Macarons

    SARIE KOS Somer 2009/10

  • Padstal-poeding

    Padstal-poeding

    SARIE KOS Winter 2010

    Ek noem dit sommer so, want jy koop ingemaakte kwepers by 'n padstal en maak 'n vinnige bo-laag.