Marmite-tert
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Jy kan die Marmite met Bovril vervang as jou kinders nie van Marmite hou nie
- 500 ml meel
- 10 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- 100 g botter
- 2 eiers
- 250 ml melk
- 500 ml gerasperde cheddarkaas
- 60 ml Marmite
- 60 ml botter
Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Smelt die 100 g botter en voeg die gesifte droë bestanddele by. Klits die eiers en melk saam en voeg by die bottermengsel. Roer die kaas by. Gooi in 'n gesmeerde bak (20 cm x 15 cm) en bak vir 15 minute teen 200 °C. Smelt intussen die Marmite en 60 ml botter saam. Wanneer die tert uit die oond kom, gooi die Marmite-mengsel oor. Sny in blokke.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
- In samewerking met Amanda Weber
Verwante artikels
-
Gesonde kos in die skoolkosblik
SARIE KOS - Somer 2007 | Kommentaar: 5
Vir baie kinders is dit tyd mors om te eet. Om te speel is mos meer pret! Dieetkundige Amanda Weber gee smullekker idees en onthou-feite om jou kind se kosblik interessant én gesond te maak















Kry jou SARIE oral, enige tyd