Mascarpone-tertjies
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Dié tertjies herinner aan Portugese vla-tertjies. Die gekaramelliseerde pekanneute is opsioneel - maar dis heerlik én dit lyk mooi.
(sowat 10 groot tertjies)
- 1 vel blaardeeg
- 100 ml room
- 500 g Lancewoodmascarpone- kaas
- 200 g strooisuiker
- 4 eiers
- 50 ml heuning
Gekaramelliseerde pekanneute
- 100 g suiker
- 100 g pekanneute
Verhit oond tot 180 °C. Druk 10 groot sirkels uit blaardeeg met 'n koekiedrukker. Voer groot muffinpanne (gespuit met spray & Cook) met blaardeeg uit. Klits al die vulselbestanddele goed saam. Gooi vulsel in muffinpanne. Bak vir 20 minute. Draai temperatuur af na 160 °C en bak vir nog 15 minute. skakel oond af en laat tertjies in oond afkoel. Maak intussen die gekaramelliseerde neute: smelt suiker in 'n pan oor lae hitte. Voeg pekanneute by sodra suiker gesmelt en gekaramelliseer is. Roer deur totdat neute bedek is. Skep 10 eetlepels vol van mengsel op gesmeerde bakpapier en laat afkoel.
Wees versigtig: Die suiker is baie warm en jy kan brand. Plaas 'n bietjie bo-op elke tertjie.
Barbara Joubert en Herman Lensing, SARIE KOS en SARIE se kosredakteurs, gaan saam-saam met Lancewood-kaas kóók by die SA Kaasfees.
|
Kom kyk elke dag om 13:30 in die Kookpot hoe dié twee saam kook. SA Kaasfees-entoesiaste kan kom proe, eet, kuier en geniet terwyl hulle 'n wêreld se smake onder een dak ontdek. Dié fynproewerfees Koop solank jou kaartjies, want dis dalk op voor jy kan sê "kaas" - slegs 'n beperkte aantal is beskikbaar by |
Verwante artikels
-
Amandeltert
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1
Die Franse noem dit "frangipane". Hier is my weergawe daarvan.
-
Braambessie-kaaskoektert
SARIE KOS Herfs 2010
Braambessies is die Engelse blackberries.
-
Gnocchi met ham en ertjies
SARIE KOS Somer 2010/11
-
Konfyt-tertjies
SARIE KOS - Lente 2008
My ouma het altyd vir ons dié tertjies gebak.
-
Maklike appeltertjies
SARIE KOS - Somer 2007
Dikwels soek 'n mens 'n resep wat nie baie moeite is nie, maar almal beïndruk. Wel, hier is so 'n resep. Die tertjies lyk amper soos Franse appeltertjies, maar is veel makliker
-
Peer-en-bokmelkkaas-tertjies
SARIE KOS Lente 2009
Die klein peertjies wat jy hierin gebruik, is só oulik. Jy kry hulle net geblik. As jy dit nie in die hande kan kry nie, gebruik ’n stuk vars peer vir elke tertjie.
-
Pekanneut-tertjies
SARIE KOS Okt/Nov 2011
-
Suurlemoen-meringue-tertjies
SARIE - Maart 2007
Ek dink dié tertjies sal altyd ’n gunsteling vir die meeste van ons bly. Maak een vir elk, en sit dit as nagereg voor.
















Kommentaar