Mielie-soufflé
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Jy hoef glad nie bang te wees om ’n soufflé te maak nie. As jy ’n witsous kan maak, kan jy ook dié soufflé maak
(4 porsies)
- 50 ml botter
- 50 ml koekmeel
- 3 ml sout
- 250 ml melk
- 250 ml gerasperde cheddarkaas
- 1 blik (340 g) mieliepitte, gedreineer
- 4 eiers, geskei
Verhit oond tot 180 °C. Smelt botter en voeg meel en sout by. Roer tot gladde pasta. Voeg melk bietjies-bietjies by en roer heeltyd tot ’n gladde pasta vorm. Voeg kaas en mieliepitte by. Haal van hitte af en voeg eiergele een vir een by. Klits eierwitte styf. Skep ’n groot lepel styfgeklitste eierwit by die mengsel en roer goed deur. Dit breek die mengsel effens. Vou res van eierwitte versigtig in. Skep mengsel versigtig in ’n gesmeerde oondbak van so 18 – 20 cm.Trek met jou vinger ’n sirkel om die rand en bak vir 45 minute. Sit onmiddellik voor.
Om te drink
Delheim 2009 Rosé
Mielie-wenke
- ’n Maklike, vinnige manier om mielies gaar te maak is om die mielie in sy skil op kombuispapier in die mikrogolf te plaas vir 2 minute (vol sterkte). Vir elke bykomende mielie moet daar nog 2 minute bygevoeg word.
- Heel mielies kan vir ’n jaar bevrore bly, die pitte net 3 – 4 maande.
- Draai mielies in foelie toe, met vars kruie of ’n stukkie suurlemoen, en braai oor die kole − ’n lekker alternatief vir botter en sout.
- Sny gaar mielies in ringe van 3 cm en ryg saam met groenrissie en olywe op sosatiestokkies. Braai oor die kole.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Gruyèrekaas-soufflé
SARIE KOS - Herfs 2008
Dis 'n maklike onthaalgereg. Jy maak dit feitlik heeltemal klaar en bak dit vinnig weer voor jy dit voorsit.
-
Maklike mielie-soufflé
SARIE KOS Winter 2010
30 minute
-
Mielie-en-spektert
SARIE - Oktober 2009
-
Mielie-vetkoek
SARIE - Mei 2009
My kinders is mal oor dié weergawe.
-
Mieliekoekies
SARIE KOS - Winter 2008
Mieliekoekies is altyd heerlik vullend!
















Kry jou SARIE oral, enige tyd