Mieliekoekies

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS - Winter 2008

Mieliekoekies Foto’s: Micky Hoyle Galery

Mieliekoekies is altyd heerlik vullend!

(2 porsies, so 3 koekies per persoon)

  • 100 g meel
  • 5 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 1 eier, geklits
  • 150 ml laevet melk
  • 1 blik pitmielies, gedreineer
  • 3 sprietuie, gesny

Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Klits die eier en melk saam en voeg by die droë bestanddele. Klits goed om klonte te verhinder. Voeg die mielies en sprietuie by en meng goed. Verhit ’n kleefvrye pan en spuit goed met nie-kleefmiddel. Die beslag is effens loperig - gebruik dus ’n metaalkoekiedrukker in die pan om die koekies rond te hou. Spuit die koekiedrukker ook met die nie-kleefmiddel en plaas in die warm pan. Skep ’n groot lepelvol van die mengsel in die middel van die uitdrukker. Laat staan tot effens gestol en lig dan die uitdrukker af. Braai die koekie tot jy dit kan omdraai en braai dan aan die ander kant tot gaar. Hou warm en herhaal met die res van die mengsel. Sit voor saam met tamatie-rissiekonfyt.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg
  • In samewerking met Amanda Weber

Verwante artikels

  • Gebraaide mielies met gegeurde botter

    Gebraaide mielies met gegeurde botter

    SARIE - Oktober 2009

    Hierdie tyd van die jaar begin ons almal weer braai. Ek het witmielies in die hande gekry − hulle braai veral lekker op die kole.

  • Mielie-soufflé

    Mielie-soufflé

    SARIE - Oktober 2009

    Jy hoef glad nie bang te wees om ’n soufflé te maak nie. As jy ’n witsous kan maak, kan jy ook dié soufflé maak

Web Development by FormFunction