Mieliemeel-plaatkoekies

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Winter 2009

Mieliemeel-plaatkoekies Foto’s: Micky Hoyle Galery

Met mieliemeel in die resep is dit mos perfek vir ontbyt!

sowat 30 koekies

  • 100 g (200 ml) koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 3 ml koeksoda
  • 1 ml sout
  • 15 ml suiker
  • 75 ml mieliemeel                      
  • 1 eier, geklits
  • 250 ml karringmelk
  • 100 ml water
  • 30 ml gesmelte botter

Sif meel, bakpoeier, koeksoda, sout en suiker saam. Voeg mieliemeel by en meng goed. Klits eier, karringmelk en water saam. Voeg droë bestanddele by en klits tot glad. Smeer ’n pan met gesmelte botter. Skep eetlepels vol van beslag in die pan en braai alkante vir sowat 2 minute. Sit voor met heuning en botter.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg
  • In samewerking met Amanda Weber

Verwante artikels