Mini-pampoenkoekies
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Ek bedien hulle as tapas-nagereg
(sowat 30 klein koekies)
- 1 kg pampoen, in blokke gesny
- 100 g (180 ml) koekmeel
- 5 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- 1 eiers, geklits
- sonneblomolie om die koekies in te braai
Stoom of kook die pampoen tot sag. Dreineer die oortollige water en druk die pampoen baie fyn. Meng die pampoen, meel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak. Voeg die geklitste eier by en meng goed. Verhit ’n bietjie sonneblomolie in ’n pan (maak seker die pan is goed bedek met olie) en skep klein bietjies van die pampoenmoes daarin - minder as vir tradisionele pampoenkoekies. Braai aan albei kante bruin en dreineer op kombuispapier. Sit warm voor met kaneelsuiker.
Kaneelsuiker
- 100 ml suiker
- 15 ml fyn kaneel
Meng die twee bestanddele goed saam.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Prunes in bacon
SARIE KOS Somer 2009/10
-
Quick mini pizzas
SARIE KOS Somer 2009/10
-
Steak-en-bierpastei
SARIE KOS - Somer 2007
Heerlik met gebottelde brandrissiesous
















Kry jou SARIE oral, enige tyd