Mossel-en-saffraansop
Foto’s: Micky Hoyle Galery
(6 porsies)
- 600 g mossels in die skulp (jy kan bevrore mossels gebruik)
- 25 ml olyfolie
- 3 uie, fyngekap
- 5 knoffelhuisies, fyngekap
- 75 ml meel
- 2 liter hoenderaftreksel
- 2 tamaties, in blokke gesny
- knippies saffraan (gebruik ’n knippie borrie as jy nie saffraan kan kry nie)
- sap van 1 suurlemoen
- 125 ml room
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Bring water tot kookpunt in ’n groot kastrol. Dompel die mossels met skulp en al in die water en kook vir so 5 minute. As die mossel nie oopmaak nie, moet jy hom nie eet nie - gooi dadelik weg. Dreineer, en hou party mossels in die skulp vir garnering. Haal die vleis van die ander mossels uit die skulpe. Verhit die olyfolie in ’n kastrol en braai die uie tot sag en deurskynend. Voeg die knoffel by en braai verder vir so 2 minute. Voeg die meel by en roer goed. Gooi die aftreksel bietjie vir bietjie by tot dit goed gemeng is. Voeg die tamaties, saffraan (of borrie) en suurlemoensap by en kook vir 15 minute. Voeg die mossels wat uit die skulp gehaal is en die room by. Versap tot glad en geur met sout en peper. Garneer die sop met die mossels wat nog in die skulp is. Strooi gekapte vinkel, vars basiliekruidblare en grasuie bo-op.
- Produksie Barbara Joubert
Verwante artikels
-
Mossels au gratin
SARIE KOS April/Mei 2011
Dit is heerlik vir 'n voorgereg of selfs as happie saam met drankies.
-
Mossels met roomsous en gremolata
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Gremolata is eintlik maar net pietersielie, suurlemoen en knoffel wat saam fyngekap is – dis ’n heerlike kombinasie saam met Weskus-mossels.
-
Uit my kruietuin
SARIE KOS - Herfs 2008
Spysenier Annalize Buchanan is op haar gelukkigste wanneer sy kruie kan proe in haar uithaler-disse


















Kry jou SARIE oral, enige tyd