Muesli-beskuit
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Gebruik 'n broodpan van sowat 18 cm x 8 cm. Ek sny gewoonlik my beskuit in stukke – dis net makliker
Een broodpan
(18 stukke)
- 500 g semelryke bruismeel
- 2,5 ml sout
- 250 g botter
- 200 g suiker
- 250 ml karringmelk
- 1 eier
- 2 koppies (2 x 250 ml) muesli
Twee broodpanne
(36 stukke)
- 1 kg semelryke bruismeel
- 5 ml sout
- 500 g botter
- 400 g suiker
- 500 ml karringmelk
- 2 eiers
- 4 koppies (4 x 250 ml) muesli
Verhit jou oond tot 180 °C. Gooi die bruismeel en sout in 'n groot mengbak. Sny die botter in blokkies en vryf dit in die mengsel tot dit soos broodkrummels lyk. Sit die suiker en muesli by en meng goed. Klits die karringmelk en eier(s) saam. Voeg by die meelmengsel en meng goed. Gooi in gesmeerde broodpan(ne) en bak vir sowat 1 uur, of tot gaar. Toets met 'n toetspen en maak seker hy kom droog uit. Laat afkoel voor jy die beskuit in vingers sny. Sit die gesnyde beskuit op bakplate en laat vir sowat 8 uur teen 120 °C uitdroog. Ek droog gewoonlik my beskuit oornag in die oond uit.
Verwante artikels
-
Bircher-muesli met vars vrugte en heuning
SARIE - Mei 2010
Dis 'n Switserse ontbytgereg wat nie gaar maak nodig het nie, vinnig en perfek om in die piekniekmandjie te pak.
-
Gisbeskuit met kaneel en heuning
SARIE KOS Okt/Nov 2011
-
Muesli-stafies
SARIE KOS Somer 2010/11
Pak dit in werk toe of sommer in die kinders se kosblik. Jy kanook die rosyntjies vervang met gedroogde bosbessies.
-
Witsjokolade-en-kardomom-biscotti
SARIE - April 2010
Jy kan die kardemom vervang met enige speserye van joukeuse, soos vanielje of selfs kaneel.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd