Muffin-gebak met preie en ham
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Die resep is soortgelyk aan dié van broodpoeding, maar die gereg is sout – en baie maklik om te maak.
(6 – 8 PORSIES)
- 4 Engelse muffins
- 30 ml botter + ekstra om bak te smeer
- 5 preie, goed gewas en in sowat 2 cmstukke gesny
- 200 g ham
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 8 eiers
- 500 ml melk
- 250 ml room
- 20 ml Dijon-mosterd
- 100 g cheddarkaas
Verhit oond tot 180 °C. Sny muffins in die helfte. Jy kan óf ’n kastrol van 19 x 10 cm (soos op die foto) óf ’n oondbak van sowat 20 x 15 cm gebruik. Smeer goed met botter. Smelt botter in ’n pan en braai preie tot sag. Pak so 3 helftes van die muffins onderin kastrol en skep van die preie bo-op. Breek ham in stukke en pak bo-op. Herhaal tot al die muffins, preie en ham gebruik is. Geur met sout en peper tussen lae. Klits eiers, melk, room en mosterd saam. (Ek weet dit klink na baie eiers en vloeistof, maar die muffins is nogal soos sponse.) Gooi bietjie vir bietjie oor. Jy moet die mengsel tyd gee om in die muffins in te trek. Sprinkel kaas oor en laat staan so 10 minute voor jy dit in oond plaas. Bak vir sowat 1 uur tot
die eiermengsel gestol het. As jy ’n platter bak gebruik, sal dit seker so 20 minute minder bak. Sit warm voor.
- Assistent Jana van Sittert
Verwante artikels
-
Appel-en-kaneel-muffins
SARIE KOS - Herfs 2008
Dis regtig heerlike muffins. Lekker klam van die gerasperde appel.
-
Pistasieneut-en-witsjokolade-muffins
SARIE KOS Lente 2009
Neute en sjokolade is altyd ’n goeie kombinasie.
-
Sjokolade-en-pekanneut-muffins
SARIE KOS Herfs 2009
Jy kan ook kleiner pannetjies gebruik om meer uit te kry.
-
Sjokolade-muffins
SARIE KOS - Somer 2007
Dit bly maar 'n gunsteling by my kinders en is 'n lekker bederf vir die skoolkosblikke.
-
Sjokolade-splinter-brood-en-botter-muffins
SARIE KOS Lente 2009
Dis nou werklik een van die lekkerste en maklikste muffins, veral heerlik as dit nog effens warm is.
-
Volkoring-en-dadelmuffins
SARIE KOS April/Mei 2011
















Kommentaar