Pasta met murgpampoentjies
Foto’s: Micky Hoyle Galery
(20 minute - 4 porsies)
- 400 g tagliatelle-pasta
- 30 ml botter
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 8 murgpampoentjies, gerasper
- 250 ml room
- 100 g pecorino-kaas, gerasper
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Kook die tagliatelle volgens die aanwysings op die pak. Terwyl die pasta kook, maak jy die sous. Smelt die botter in ’n pan en braai die knoffel daarin vir sowat 1 minuut. Voeg die gerasperde murgpampoentjies by en braai vir 5 minute. Gooi die room by en laat nét deurwarm word - die room moenie kook nie. Voeg driekwart van die kaas by en meng goed. Geur met sout en swartpeper. Dreineer die pasta en meng die sous goed deur. Bedien met die res van die kaas.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Feta-en-botterskorsie-pasta
SARIE KOS April/Mei 2011
Geroosterde botterskorsie en pasta...wat 'n heerlike kombinasie!
-
Gapermossel-en-tamatiepasta
SARIE KOS April/Mei 2011
Ek weet die olyfolie klink baie, maar wanneer die tamaties begin oopbars, word die sous gevorm.
-
Karamel-uie-en-olyfpasta
SARIE KOS April/Mei 2011
-
Spaghetti carbonara
SARIE KOS Herfs 2010
-
Spaghetti carbonara
SARIE KOS vir mans 2010
20 minute
-
Spaghetti met murgpampoentjie, ricotta-kaas en kruisement
SARIE KOS Somer 2009/10 | Kommentaar: 1
Beslis 'n ideale somergereg.
-
Tuna-en-olywesous
SARIE KOS Herfs 2010
-
Worsie-pasta
SARIE KOS April/Mei 2011
Worsvleis is reeds gegeur en jy kan maklik 'n heerlike sous daarmee maak.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd