Nina se gesonder sjokolade-peperment-tert
Foto’s: Micky Hoyle Galery
9 skywe
Porsiegrootte: 1 skyf
Kors
- 200 g Romany Creamskoekies - oorspronklike sjokoladegeur
- 50 g (45 ml) ligte margarien, gesmelt
Vulsel
- 10 ml droë gelatien
- 30 ml water
- 360 g-blik karamel (gekookte kondensmelk)
- 250 g gladde laevetmaaskaas
- 200 g Cadbury Peppermint Crispsjokolade, grofgerasper
- 250 ml room
Kap 3 van die Romany Creams in growwe stukkies en hou eenkant. Kap res fyn in voedselverwerker en meng met gesmelte margarien. Druk mengsel vas in 'n tertbord van sowat 20 x 20 x 6 cm. Verkoel tot benodig. Week gelatien in water en hou eenkant. Plaas karamel en maaskaas in 'n mengbak en roer tot glad. Verhelder geweekte gelatien oor kookwater (of in mikrogolfoond vir 20 sekondes op hoë stelling) en roer saam met gerasperde sjokolade by karamelmengsel. Klop room styf en vou by karamelmengsel in. Skep mengsel in bak met beskuitjiekors en vee gelyk. Strooi growwe koekiekrummels bo-oor en laat oornag in yskas stol. Versier net voordat jy dit voorsit met vars kruisementblaartjies en rooi glanskersies indien
verkies.
Laevet-maaskaas
Die vetinhoud is verlaag deur mascarpone-kaas met gladde laevet-maaskaas te vervang.
Bo-op knars
Hilda se gesonder tert word versier met van die kors se koekies. Daar kom nie nog room of sjokolade bo-op nie.
Versiering
Sit 'n kruisementblaartjie of twee bo-op vir die mooi, stel Hilda voor. Jy sal nie eens agterkom daar's nie room nie!
Ligter margarien
Botter vir die kors is met ligte (laervet-) margarien vervang.
Verwante artikels
-
Gesonder aarbei-en-rabarber-tiramisu
SARIE KOS Lente 2009
-
Gesonder lemoen-yskaskaaskoek
SARIE KOS Lente 2010
-
Gesonder peer-sjokoladekoek
SARIE KOS Lente 2009
Minder ryk steeds so lekker
-
Gesonder rooiwyn-roomys
SARIE KOS Lente 2009
-
Gesonder wortel-en-pekanneut-muffins
SARIE KOS Lente 2009
-
PEPERMENT-YSKASTERT - 2de plek
SARIE KOS April/Mei 2011 | Kommentaar: 3
Die 2de plek in die Peperment-yskastert-kompetisie gaan aan Marie du Plooy van Bloemfontein:
-
Peperment-yskastert - 3de plek
SARIE KOS April/Mei 2011
















Kommentaar