Ontbeende hoender
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Dis nie so moeilik om 'n hoender te ontbeen nie. My manier is om net die bors- en rugbeen te verwyder.
(10 porsies)
- 2 heel hoenders
- 200 g botter
- 3 uie, grofgekap
- 2 huisies knoffel, fyngekap
- 10 snye bruinbrood, fyngekap in jou voedselverwerker
- hand vol pietersielie, fyngekap
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- sowat 50 ml olyfolie
- sap van 2 suurlemoene
- sowat 10 ml worcestersous
Plaas die hoenders met die borskante na onder. Sny in die middel van die rugkant oop. Begin teen die karkas van die hoender die vleisgedeelte met 'n skerp mes afsny. Wanneer jy by die vlerkies en boudjies kom, breek die beentjies by die lit deur. Die bene bly in die boudjies en vlerkies. Verwyder die rug- en borsbene en hou die hoenders eenkant. Maak nou die vulsel. Smelt helfte van die botter in 'n kastrol. Voeg uie en knoffel by en braai tot sag en deurskynend. Voeg broodkrummels en pietersielie by en meng goed. Voeg res van botter by en roer deur tot gesmelt. Geur met sout en peper. Laat die vulsel eers koud word voor jy die hoenders stop. Verhit oond tot 180 ºC. Verdeel die vulsel in twee. Jy kan die vulsel lekker met jou hande bymekaar druk. Plaas in die hoender en vou die hoender toe. Steek vas met tandestokkies. Gooi olyfolie in oondroosterbak. Plaas hoenders met die oopgesnyde kante na onder. Gooi die suurlemoensap en worcestersous oor. Geur met sout en peper en plaas in warm oond. Oondrooster vir sowat 1½ uur tot gaar en mooi bruin.
Verwante artikels
-
Baba-aartappels met hoender-repies
SARIE KOS Somer 2009/10
30 minute
-
Coq au vin - hoender in rooiwyn
SARIE KOS Herfs 2010
-
Heel ontbeende hoender gevul met ricotta-kaas en spinasie
SARIE KOS Somer 2010/11
Jy kan ook hoenderborsies met vel ontbeen. Maak vel los en stop met vulsel tussen die vleis en vel.
-
Hoender in rooiwyn
SARIE KOS Winter 2009
-
Hoenderborsies gebak in papier
SARIE KOS Lente 2010
30 minute
-
Kalkoen in die Weber
SARIE - Desember 2010
Vir my is Kersfees nie Kersfees sonder kalkoen nie, al is dit nie juis 'n SA tradisie nie. Braai 'n slag die kalkoen oor die kole, dit smaak fantasties.
-
Oondgebakte hoender
SARIE KOS April/Mei 2011
-
Oondgeroosterde hoender en mielies
SARIE - Maart 2011
Maak seker jy koop organiese hoender. Dis lekker groot en vet.
-
Oondgeroosterde hoender met okkerneute
SARIE - Desember 2009
-
Poulet basquaise
SARIE KOS Lente 2010
-
Spaanse hoender
SARIE KOS Lente 2010
Dis nou my manier van kook - druk die kos in die oond en gaan sit en kyk TV.
-
Suurlemoen-knoffel-hoenderboudjies
SARIE KOS Somer 2009/10
30 minute
















Kommentaar