Ontbeende lamsboud
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Die olie hou die vleis heerlik sappig, veral omdat dit koud voorgesit word.
(10 - 12 porsies)
- 2 ontbeende lamsboude van 1 kg elk
- 125 ml olyfolie
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 3 knoffelhuisies, fyngedruk
- 60 ml suurlemoensap
- 30 g vars basiliekruid, fyngekap
Verhit oond tot 180 °C. Plaas die vleis in 'n oondroosterbak en gooi olyfolie oor. Geur met sout en peper. Smeer knoffel oor en gooi suurlemoensap oor. Smeer gekapte basiliekruid oor. Bak vir 40 minute. Verhit roosterelement en rooster die vleis vir 15 minute. Haal uit en laat afkoel. Sit voor saam met kruiesous.
kruiesous
- 1 knoffelhuisie
- 60 ml kappertjiesaad
- 30 g Italiaanse pietersielie
- 10 g kruisement
- 40 g bronkors (watercress)
- 90 ml olyfolie
- sap en skil van ½ suurlemoen
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Plaas knoffel, kappertjiesaad, pietersielie, kruisement, bronkors en olyfolie in voedselverwerker. Meng tot glad. Skep in bakkie en voeg sap en skil van suurlemoen by. Geur met sout en peper.
Om te drink:
'n Vrugtige rooiwyn, soos merlot
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Gebraaide lamstjops en pesto-aartappels
SARIE KOS Lente 2010
30 minute
-
Geroosterde lamsribbetjies
SARIE KOS Lente 2009
-
Heel geroosterde lamsnek
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Gewoonlik koop jy lamsnek reeds opgesny in stukke. Vra jou slagter vir heel lamsnekke en probeer hierdie weergawe.
-
Lamstjops met sagte bokmelkkaas
SARIE KOS Lente 2009
-
Ontbeende lamsboud
-
Ontbeende lamsboud met aartappels en fetakaas
SARIE - Mei 2007
Dis so half ’n Griekse resep, waarin alles in een bak in die oond gedruk word. Fetakaas is van Griekse afkoms en word altyd van bokmelk gemaak. (Om die lewe vir jouself makliker te maak kry ’n slagter wat vir jou ’n lamsboud sal ontbeen.)
-
Padda in die gat
SARIE KOS - Winter 2008
Dis Leipoldt se weergawe van die Britse toad in the hole
-
Sondagmiddag-lamsboud
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Die dae van halfgaar lamsvleis is in my huis iets van die verlede. Ek hou van dié manier van kook – lank en sonder moeite. Die vleis word heerlik sag en dan pak jy sommer ook jou aartappels omdie boud om in die vleissappe gaar te word. Aartappels kom nie lekkerder as dit nie.
















Kommentaar