Ontbeende varkblad gestop met pruime

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Winter 2010

Ontbeende varkblad gestop met pruime Foto’s: Micky Hoyle Galery

Die kombinasie van pruime en varkvleis is 'n wenner.

(10 porsies)
  • 3 kg ontbeende varkblad
  • sowat 4 takkies gedroogte vinkel
  • sap van 2 suurlemoene
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 300 g sagte pruime, ontpit
  • 50 ml olyfolie

Vra jou slagter om die vel van die blad deur te sny. Dit maak lekker sooltjie. Verhit oond tot 200 ºC. Kap vinkel met 'n stamper in 'n vysel fyn. Verwyder takkies. Vou blad oop en gooi helfte van die suurlemoensap oor. Smeer van die vinkel en knoffel oor vleisgedeelte. Geur met sout en peper. Pak pruime in die middel van vleis. Vou toe en bind vas met tou. Gooi olyfolie in oondroosterpan. Plaas vleis met gesnyde kant na onder in pan. Gooi res van suurlemoensap oor en geur met nog sout en peper. Smeer res van vinkel oor en plaas in warm oond. Oondrooster vir sowat 2 uur tot die vel bros begin raak. Verlaag die temperatuur van oond na 170 ºC. Rooster verder vir nog sowat 2 uur tot vleis heerlik sag is.

Verwante artikels

  • Gerookte varkvleis en lensies

    Gerookte varkvleis en lensies

    SARIE - Junie 2008

    Ek het ’n vriendin wat, wanneer sy lekker eet, altyd sê dís min of meer waaroor die lewe gaan. Wel, dis wat ek oor dié gereg te sê het

  • Geroosterde vark met kool-salsa

    Geroosterde vark met kool-salsa

    SARIE - Februarie 2010

    Ek kan nou nog my ma se koolslaai proe! Hier kry dit nuwe lewe saam met varkvleis.

  • Geroosterde varknek

    Geroosterde varknek

    SARIE KOS Somer 2010/11

    Die wyn en aftreksel verseker dat die vleis nie uitdroog nie.

  • Kreefstertjies

    Kreefstertjies

    SARIE KOS Junie/Julie 2011

    Dié gereg is eintlik glad nie kreef nie – die varkfilette lyk net soos kreefstertjies wanneer hulle toegedraai is in repies spek.

  • Mosterd-en-knoffel-varklies

    Mosterd-en-knoffel-varklies

    SARIE KOS Somer 2009/10

    Vra die slagter om die varklies te ontbeen en sommer ook die vel te verwyder. Hierdie gereg sit ek koud voor - lekker vir middagete.

  • Soetsuur varkvleis

    Soetsuur varkvleis

    SARIE KOS - Herfs 2008

  • Varkfilet met sampioen-roomsous

    Varkfilet met sampioen-roomsous

    SARIE KOS Winter 2009

Kommentaar