Ontbyt in ’n glas

Deur Barbara Joubert

Ontbyt in ’n glas Foto’s: Micky Hoyle Galery

Besluit self of jy volroom- of laevet- melk vir dié smoothie wil gebruik. Dis veral lekker vir dae wanneer jy min tyd het vir ontbyt

(sowat 500 ml)

  • 250 ml melk
  • 1 piesang, in stukke gesny
  • 125 ml muesli met neute
  • 15 ml heuning
  • halwe papaja, in blokke gesny
  • 3 ysblokkies

Vir bo-op

  • 1 skyfie papaja
  • 15 ml muesli
  • 5 ml heuning

Gooi al die bestanddele in jou smoothie-masjien. Verwerk tot glad. Gooi in glase en versier met papaja, muesli en heuning.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg
  • In samewerking met Amanda Weber

Verwante artikels