Oondbroodjies met mozzarella, tamatie en spek
Foto’s: Donna Lewis
(6 porsies)
20 minute
- 10 snye brood van jou keuse
- 80 ml botter
- 250 g spek
- 4 tamaties, in skywe gesny
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 400 g mozzarella-kaas, gerasper
- 1 hand vol basiliekruid
- 45 ml olyfolie
Verhit oond tot 180 °C. Smeer brood weerskante met botter. Plaas in oondpan wat met bakpapier uitgevoer is. Verdeel spek tussen brood, gevolg deur skywe tamatie. Geur goed met sout en swartpeper. Verdeel mozzarella tussen broodjies. Sprinkel olyfolie oor en plaas in warm oond. Bak 10 - 15 minute of tot kaas gesmelt is en begin verbruin. Sit warm voor met basiliekruidblare.
Wenk: Nie lus vir spek nie? Gebruik enige ander kouevleis van jou keuse, soos salami of ham.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Alles-in-een-broodjie
Dis ’n maklike en vinnige ontbyt. Alles word in die oond gaar en jy het min skottelgoed, min moeite . . .
-
Braaibroodjies in 'n pan
20 minute
-
Ciabatta sonder moeite
SARIE KOS Okt/Nov 2011
Dis die lekker Italiaanse brood vol gate, en sommer baie maklik om te maak. Die geheim is om dit in jou elektriese mengbak te doen.
-
Eiervrug en artisjokke broodjie
SARIE KOS Somer 2010/11
-
Gebraaide ham-en-mozzarella-broodjies
Dié broodjies word in die pan gebraai.
-
Gerookte beesvleis en vars vye broodjie
SARIE KOS Somer 2010/11
-
Gerookte hoender en camembert broodjie
SARIE KOS Somer 2010/11
-
Hoender-en-avokado-bruschetta (roosterbroodjies)
SARIE - Maart 2011
-
Oop pizza-broodjies
SARIE KOS Somer 2010/11
Kinders eet graag dié broodjies vir middagete.
-
Saamgeperste pastrami-broodjies met uie-marmelade
SARIE - Mei 2010
Byna iets soos 'n terrien gekombineer met 'n toebroodjie.
-
Spekbroodjies met sagte eier
Die Engelse praat van soldiers; die idee is om jou krakerige broodjie met spek in sagte eier te doop.
-
Steak-broodjies
SARIE KOS Somer 2010/11
Dis ideaal vir middagete of 'n vinnige aandete.
-
Steakbroodjie met kruiejogurt
SARIE KOS Lente 2010
20 minute
















Kommentaar