Oondgebakte gekrummelde varktjops
Foto’s: Micky Hoyle Galery
(LEWER 4 TJOPS PORSIEGROOTTE: 1 TJOP ± 125 g (GAAR))
- 20 g mielievlokkies (cornflakes)
- 6 (35 g) Pro-Vita-volkoringbeskuitjies
- 2,5 ml paprika
- 5 ml droë Italiaanse kruie
- 4 lende- of kruis-varktjops (± 800 g met vet, ± 640 g met dun lagie vet)
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 25 ml koekmeelblom
- 1 groot eier
- ± 10 ml olyfolie
- Rol mielievlokkies en beskuitjies fyn. Geur met paprika en kruie en hou eenkant op ’n bord.
- Sny oortollige vet van tjops af en geur na smaak met sout en peper. Rol tjops in meel, skud oortollige meel af en rol in eier. Bedek die tjops oral goed met krummels en verkoel 30 minute sodat krummels beter kan vaskleef.
- Verhit oond tot 180 °C.
- Smeer oondpan liggies met olyfolie en plaas gekrummelde tjops in ’n enkellaag daarop. Bespuit die bokant van die tjops baie liggies met olyfolie.
- Oondrooster vir 30 minute, draai versigtig met ’n eierspaan om en rooster nog 15 – 20 minute tot gaar.
WENKE
- Varkvleis bied, danksy beter voer- en produksieprosesse, goeie proteïenwaarde vir geld. Teenoor ander rooivleissoorte bevat varkvleis baie min marmer- of tussenspiervet. Varkvet bevat ook meer gesonder mono- en polionversadigde vetsure en bevat minder versadigde vet as ander rooivleissoorte.
- Gekrummelde varkvleis word gewoonlik in olie gebraai, maar ek het die gereg met baie minder olie in die oond gerooster.
- Maak eerder lemoenpatats pleks van diepvet-gebraaide aartappelskyfies. Hierdie kombinasie gee ’n GI van 55. Voeg ’n goeie porsie gestoomde broccoli of bros groenslaai by vir ’n kleurryke en smaaklike bord kos.
- Assistent Jana van Sittert
Verwante artikels
-
Eenbakgereg met varkworsies
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Dis ’n baie lekker manier om te kook – plaas als in een bak en gaan sit agteroor.
-
Feijoada - varkvleis met bone
SARIE KOS Herfs 2010
-
Gerookte varkvleis en lensies
SARIE - Junie 2008
Ek het ’n vriendin wat, wanneer sy lekker eet, altyd sê dís min of meer waaroor die lewe gaan. Wel, dis wat ek oor dié gereg te sê het
-
Hoender-en-varkvleis-terrien
SARIE KOS Somer 2010/11
Hierdie gereg is baie lekker, ook as voorgereg.
-
Lemoenpatats
SARIE KOS Augustus / September 2011
-
Soetsuur varkvleis
-
Tacos met 8-uur-varkvleis
SARIE September 2011
-
Varkvleis-burger
SARIE KOS - Somer 2008
My gunsteling van alle burgers!
















Kommentaar