Oondgebakte lamskenkel-kerrie met kwepers

Deur Herman Lensing, SARIE Augustus 2011

Oondgebakte lamskenkel-kerrie met kwepers Foto’s: Donna Lewis Galery

Die kwepers kook sag en deurskynend en blink soos juwele in die son!

(4 – 6 porsies)

  • 6 groot lamskenkels
  • 80 g koekmeel
  • 60 ml olyfolie
  • 1 x 70 g-boksie Kaaps-Maleise kerriepoeier
  • 125 g tikka masala-pasta
  • 2 x 400 g-blikke kersietamaties
  • 500 ml beesvleisaftreksel
  • 250 ml rooiwyn
  • 4 heel ster-anys
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 10 kwepers
  • 800 g suiker
  • 2 liter water
  • sap en skil van 1 suurlemoen

Verhit oond tot 160 °C. Rol skenkels in meel. Verhit olyfolie in ’n middelslagpot. Sit vleis in pot en braai tot goudbruin, sowat 5 – 8 minute. Voeg kerriepoeier en tikka masala by. Braai nog 5 minute.Voeg tamaties, aftreksel, wyn en ster-anys by en geur goed met sout en swartpeper. Plaas in warm oond en bak vir sowat 2 – 4 uur of tot vleis van been wegtrek.Terwyl kerrie kook, sny kwepers in helfte. Sit suiker, water, sap en skil van suurlemoen in groot pot. Bring tot kookpunt en plaas kwepers in pot. Laat stadig prut vir 2 uur of tot kwepers oranje en deurskynend is. Sit warm kerrie voor met kwepers en rys.

  • Assistent Jana van Sittert

Verwante artikels

  • Lamskenkel-kerrie

    Lamskenkel-kerrie

    SARIE - April 2009

    Moenie afgesit word deur die baie bestanddele nie – die meeste is speserye.

  • Lamskenkel-pasteie

    Lamskenkel-pasteie

    SARIE KOS April/Mei 2011

    Om die skenkels in pasteie te omskep is veral lekker as jy gaste het. Maak vir elkeen sy eie pastei. So nie kan jy een groot pastei maak.

  • Lamskenkels met kwepers

    Lamskenkels met kwepers

    SARIE KOS Winter 2010

    Moenie skrik vir die metode van skenkels gaarmaak nie - jy begin al die vorige dag om te verseker die skenkels is lekker sag.

  • Marokkaanse lamskenkels met spesery-droëvrugte

    Marokkaanse lamskenkels met spesery-droëvrugte

    SARIE KOS - Somer 2008

  • Stadiggesmoorde Karoo-lamskenkel

    Stadiggesmoorde Karoo-lamskenkel

    SARIE KOS Somer 2009/10

    Druk 'n kerfvurk in skenkel. As jy dit optel en die skenkel gly vanself stadig af, is dit gaar.

  • Tamarinde-skenkels

    Tamarinde-skenkels

    Eenvoudig wow! Dis maklik om te maak, maar gaste sal dink jy was heeldag voor die kospotte

Kommentaar