Osso bucco - kalf-skenkels
Foto’s: Micky Hoyle Galery
(6 porsies)
- 30 ml botter
- 1 groot ui, fyngekap
- 4 wortels, fyngekap
- 2 selderystokke, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 6 kalf-skenkels, 6 cm dik gesny
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- koekmeel, om skenkels in te rol
- 100 ml olyfolie
- 500 ml droë witwyn
- 200 ml hoender-aftreksel
- 10 ml droë tiemie
- 1 blik (410 g) heel tamaties, gekap
- hand vol fyngekapte pietersielie
- 2 lourierblare
Gremolata
- gerasperde skil van 2 suurlemoene
- 3 knoffelhuisies, fyngekap
- 1 hand vol fyngekapte pietersielie
Verhit oond tot 180 °C. Smelt botter in 'n swaarboomkastrol, groot genoeg vir die skenkels. Voeg ui, wortel, seldery en knoffel by en braai oor lae hitte vir sowat 10 minute. As die plaat te warm is, sal die botter brand - versigtig! Geur skenkels met sout en swartpeper en rol in die meel. Skud oortollige meel af. Verhit olyfolie in 'n pan en braai skenkels tot bruin (nie almal
gelyk nie). Plaas skenkels bo-op groente in kastrol. Gooi wyn in pan waarin jy skenkels gebraai het. Kook af tot die helfte. Voeg aftreksel, tiemie, tamaties, pietersielie en lourierblare by
wyn en bring tot kookpunt. Gooi oor skenkels. Bring tot kookpunt op die stoof. Maak toe met deksel en sit vir sowat 1 uur en 15 minute in warm oond - of totdat skenkels sag is. Meng bestanddele vir gremolata en sprinkel dit oor.
Om te drink: Chianti Classico uit italië
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg; Elsabe Dippenaar
Verwante artikels
-
Barbara se Osso Bucco
SARIE - Junie 2005
Hier kook ons nou ’n bietjie Italiaans. As jy nie kalfskenkels in die hande kan kry nie, is lamskenkels ’n goeie plaasvervanger. Beslis my gunsteling.
-
Kerrie-lam-skenkel-pastei
SARIE Maart 2010
As jy, soos ek, versot is op lam, kerrie en pastei is die drie-in-een-gereg vir jou!
-
Koskenner Marlene van der Westhuizen se gunstelinge
SARIE - Junie 2010
-
Lamskenkel-kerrie
SARIE - April 2009
Moenie afgesit word deur die baie bestanddele nie – die meeste is speserye.
-
Lamskenkel-pasteie
SARIE KOS April/Mei 2011
Om die skenkels in pasteie te omskep is veral lekker as jy gaste het. Maak vir elkeen sy eie pastei. So nie kan jy een groot pastei maak.
-
Tamarinde-skenkels
Eenvoudig wow! Dis maklik om te maak, maar gaste sal dink jy was heeldag voor die kospotte
















Kommentaar