Ouma Mollie se lemoenpoeding
Foto’s: Gerda Genis Galery
My ouma was pastorie-moeder in die Oos-Kaap se Gamtoos-vallei, waar lemoene die vernaamste landbouproduk is. Sy’t hierdie poeding haar “eie konkoksie” genoem.
4 porsies
- 125 g strooisuiker
- 100 g botter
- 50 ml sonneblomolie
- knypie sout
- 1 eier
- 250 g bruismeel, gesif
- 1 mediumgroot lemoen, geskil, witskil verwyder
Stroop
- 250 ml water
- 125 g strooisuiker
- sap van 2 lemoene
- 15 ml fyngerasperde suurlemoenskil
- 15 ml goeie brandewyn
Verhit oond tot 180 °C. Room strooisuiker en botter. Voeg olie, sout en eier by en meng goed. Voeg meel by. Breek lemoen in piepklein stukkies, oor die mengbak om die sous te vang, en vou dit in deeg in. Skep in ’n gesmeerde, oondvaste bak. Bak vir sowat 30 minute of tot ’n stokkie skoon uitkom. Maak intussen die stroop: Gooi water en suiker in ’n pan en laat prut. Roer tot suiker gesmelt is. Voeg lemoensap en suurlemoenskil by en kook af tot stroperig – sowat 6 minute. Voeg brandewyn by en gooi stroop oor die lieflike, korserige koek as dit uit die oond kom. Sit voor met crème anglaise of ’n skeppie vanielje-roomys.
Verwante artikels
-
Lemoensmeer
SARIE KOS Herfs 2010
As jy van suurlemoensmeer (lemon curd) hou, sal jy gek wees hieroor. Skep dit in gebakte tertdoppies of bakkies en jy't 'n heerlike nagereg.
-
Tipsy-poeding
SARIE KOS Winter 2010
Ou kookboeke noem dit tipsy-poeding, maar ons praat ook van brandewynpoeding oor jy die brandewyn kan proe.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd