Padda in die gat
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Dis Leipoldt se weergawe van die Britse toad in the hole
(4 - 6 porsies)
- 500 ml bruismeel, gesif
- 5 ml sout
- 125 ml botter, gesmelt (Leipoldt het hoendervet gebruik)
- 250 ml karringmelk
- 250 ml melk
- 1 kg ontbeende lamsboud, in blokkies gesny
- meel om die vleis te bedek
- sout en varsgemaalde swartpeper
- sowat 50 ml sonneblomolie
- 5 ml fyn neut
- 5 ml fyn koljander
- 180 ml droë witwyn
- sap van 2 suurlemoene
Maak eers die beslag. Meng die bruismeel en sout in ’n groot mengbak. Klits die gesmelte botter, karringmelk en melk goed saam. Klits die mengsel by die meel in. Klits baie goed om seker te maak daar is geen klonte nie. Laat staan vir sowat 30 minute terwyl jy die vleis voorberei. Verhit jou oond tot 180 °C. Leipoldt het nie die vleis vooraf gebraai nie, maar ek doen dit om die vleis lekker te seël. Bedek die vleis met die meel en skud die oortollige meel af. Geur die vleis met sout en swartpeper. Verhit die sonneblomolie in ’n pan en braai die lamsblokkies tot bruin. Sit die vleis in ’n oondbak van so 30 x 20 cm. Sprinkel die neut en koljander oor die vleis. Gooi die witwyn en suurlemoensap oor. Gooi nou die beslag oor en maak seker die vleis is goed bedek. Bak in die oond vir so ’n uur en 10 minute.
Om te drink
Chardonnay sal goed werk as witwyn-pasmaat. Kies ’n gehoute, swaarder een soos Louisvale s’n. As jy ’n rooiwyn verkies, probeer ’n merlot.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
5-uur-lamsboud
SARIE KOS April/Mei 2011
Dis vir my 'n baie lekker manier van kook - lank in die oond terwyl jy tyd het om ander dinge te doen.
-
Lam-en-ertjie-pastei
SARIE KOS Somer 2010/11
-
Lamsboud met kruisement-jogurt
SARIE - Desember 2010
So 'n klein bietjie Griekse inspirasie vir die fees.
-
Lamskenkel-pasteie
SARIE KOS April/Mei 2011
Om die skenkels in pasteie te omskep is veral lekker as jy gaste het. Maak vir elkeen sy eie pastei. So nie kan jy een groot pastei maak.
-
Ontbeende lamsboud
SARIE KOS Somer 2010/11
Die olie hou die vleis heerlik sappig, veral omdat dit koud voorgesit word.
-
Ontbeende wildsboud met kruievulsel en olyfsalsa
SARIE KOS April/Mei 2011
















Kry jou SARIE oral, enige tyd