Pampoen-vetkoek
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Ek weet nie of jy dit vetkoek of pampoenkoekies wil noem nie – dis iets van albei
(sowat 8 “vetkoeke”)
- 240 g (430 ml) koekmeel
- 20 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- 15 ml botter
- 125 ml melk
- 125 ml pampoen-puree (sien onder)
- sowat 300 ml sonneblomolie om in te braai
Sif die droë bestanddele saam. Vryf die botter daarby in. Voeg die melk en pampoen-puree by en meng goed. Verhit die olie in ’n diep pan. Toets met ’n klein bietjie van die mengsel of die olie reg is – dit moet begin braai, maar nie te vinnig nie. Skep eetlepels vol van die mengsel in die warm olie en braai weerskante tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier en sit warm voor saam met stroop.
Wenk
Druk jou eetlepel in die warm olie voor jy die mengsel skep – dit gly dan makliker uit die lepel.
Pampoen-puree
Ek koop sommer gesnyde pampoen by die supermark hiervoor. Pampoen-puree moet lyk soos baie gladde babakos. (sowat 500 ml pampoen-puree)
- 500 g gesnyde pampoen
- ekstra water indien nodig
Stoom of kook die pampoenstukke tot gaar. Laat die pampoen effens afkoel en verpulp dit in jou versapper of voedsel-verwerker. Ek vind dat ’n versapper ’n baie gladder puree gee. Voeg ’n klein bietjie water by indien nodig.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Vetkoek
SARIE KOS Winter 2010 | Kommentaar: 1
Warm vetkoek met stroop of appelkooskonfyt is die beste ontbyt ter wêreld.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd