Pampoenbeskuit
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Pampoen gee dié beskuit ’n oranje kleur. Jy proe dit nie juis nie, maar dit gee ’n effens soeter smaak
(sowat 36 stukke)
- 1 kg (1 800 ml) bruismeel
- 5 ml sout
- 500 g (540 ml) botter
- 400 g (500 ml) suiker
- 250 ml karringmelk
- 250 ml pampoen-puree (sien onder)
- 2 eiers
Verhit jou oond tot 180 °C. Gooi die bruismeel en sout in ’n groot mengbak. Sny die botter in blokkies en vryf dit in die meel in totdat die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg die suiker by en meng goed. Klits die karringmelk, pampoen-puree en eiers saam. Voeg by die meelmengsel en meng goed. Gooi in gesmeerde broodpanne (gebruik 2 broodpanne van so 18 x 12 cm groot) en bak vir sowat 1 uur, of tot gaar. Toets met ’n toetspen – maak seker dit kom droog uit. Laat afkoel voor jy die beskuit in vingers sny of breek. Sit die gesnyde beskuit op bakplate en laat vir sowat 8 uur uitdroog teen 120 °C. Ek droog my beskuit gewoonlik oornag uit.
Pampoen-puree
Ek koop sommer gesnyde pampoen by die supermark hiervoor. Pampoen-puree moet lyk soos baie gladde babakos. (sowat 500 ml pampoen-puree)
- 500 g gesnyde pampoen
- ekstra water indien nodig
Stoom of kook die pampoenstukke tot gaar. Laat die pampoen effens afkoel en verpulp dit in jou versapper of voedsel-verwerker. Ek vind dat ’n versapper ’n baie gladder puree gee. Voeg ’n klein bietjie water by indien nodig.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Gisbeskuit met kaneel en heuning
SARIE KOS Okt/Nov 2011
-
Pampoen-moes
SARIE KOS Winter 2010
Die kombinasie van brood en pampoen maak regtig 'n baie lekker bygereg.
-
Pampoenkoekies met stroop
SARIE KOS Winter 2010
Baie van ons maak pampoenkoekies as 'n bygereg, maar tradisioneel is dit as nagereg voorgesit. Dié resep met die soet stroop kom van Susan, die ma van Herman Lensing, SARIE-kosredakteur.
-
SARIE KOS se Barbara Joubert gesels kos
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 1
-
Witsjokolade-en-kardomom-biscotti
SARIE - April 2010
Jy kan die kardemom vervang met enige speserye van joukeuse, soos vanielje of selfs kaneel.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd