Pampoenkoekies

Deur Barbara Joubert, SARIE - April 2005

Pampoenkoekies Foto’s: Micky Hoyle Galery

As kind het ek net mooi niks van pampoen gehou nie. My ouma het altyd gesê ek is vol fiemies, maar een manier waarop sy pampoen in my lyf kon kry, was met pampoenkoekies. Lekker dun met baie kaneelsuiker. Jy kan natuurlik pampoenkoekies as nagereg voorsit met ’n lepel mascarpone-kaas bo-op.

  • 2 koppies gaar pampoen (ek het sommer klaar opgesnyde pampoen gebruik en gaar gestoom).  
  • ¼ koppie (125 ml) meel
  • 1 teelepel (5 ml) bakpoeier  
  • knippie sout   
  • 2 eiers geklits   
  • sonneblomolie om die pampoenkoekies in te braai kaneelsuiker om oor te strooi (my ouma het altyd vir 1 koppie suiker sowat 3 teelepels fyn kaneel bygevoeg).

Kook of stoom pampoen tot sag. Druk dit deur ’n sif, of druk fyn met ’n vurk. Sif meel en bakpoeier saam. Voeg nou al die bestanddele by die pampoen. (Die mengsel is nogal slap, en dis reg so. Dié pampoenkoekies is nogal dun.) Verhit ’n bietjie olie in ’n pan. Dit moet die bodem van die pan bedek - nie te veel nie, anders sal die pampoenkoekies te olierig wees. Skep lepelsvol in die pan en laat dit eers goed braai aan die een kant. As jy dit te gou probeer omdraai, sal dit breek. Braai bruin aan weerskante en plaas op kombuispapier. Strooi kaneelsuiker oor en sit warm voor.

Verwante artikels

  • Pampoenkoekies

    Pampoenkoekies

    SARIE KOS vir mans 2010

  • Pampoenkoekies met stroop

    SARIE KOS Winter 2010

    Baie van ons maak pampoenkoekies as 'n bygereg, maar tradisioneel is dit as nagereg voorgesit. Dié resep met die soet stroop kom van Susan, die ma van Herman Lensing, SARIE-kosredakteur.

  • Pampoenkoekies met stroop

    Pampoenkoekies met stroop

    SARIE - Januarie 2011

    30 minute