Pan-pizza

Deur Barbara Joubert, SARIE - Oktober 2008

Pan-pizza Foto’s: Micky Hoyle Galery

Jare gelede, toe ek in Londen was, was daar ’n plek genaamd The Pizza Factory. Die restaurant was ondergronds en pizza is in ’n pangebak. Ek het my eie weergawe, en dit werk goed as jy nie ’n pizza-oond of -teël het nie

(4 - 6 pizzas, afhangend hoe groot jou panne is)

Jy benodig

  • 1 hoeveelheid pizza-deeg (sien verwante artikels)
  • tamatiesous (hoeveelheid 2)
  • sowat 200 g mozzarella-kaas, gerasper
  • 200 g feta-kaas, gekrummel
  • 2 blikke artisjokke
  • groot hand vol vars basiliekruidblare, gebreek
  • olyfolie om bo-op te sprinkel
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Volg die resep om deeg te maak. Verhit oond tot 240 ºC, en smeer pannetjies met ’n bietjie olyfolie. Verdeel jou deeg en rol uit in ’n sirkel groot genoeg om in pannetjies te pas. Voer pannetjies met die deeg uit en smeer tamatiesous bo-op. Sprinkel mozzarella- en fetakaas oor. Halveer artisjokke en rangskik bo-op. Sprinkel basiliekruidblare en ’n bietjie olyfolie oor elk. Geur met swartpeper. Plaas in warm oond en bak vir 20 - 25 minute tot die deeg lekker bros is. Sit voor net so in pannetjies.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels

  • Basiese pizza-deeg

    Basiese pizza-deeg

    SARIE - Oktober 2008

    ’n Elektriese menger sal jou lewe vergemaklik, maar aan die ander kant: Die beste pizza-deeg word met die hand geknie, so probeer dit!

  • Focaccia pizza

    Focaccia pizza

    SARIE KOS Herfs 2010

    20 minute

  • Franse uie-pizza

    Franse uie-pizza

    SARIE KOS Somer 2009/10

    Veral heerlik as 'n ligte middagete saam met slaai. 4 - 6 porsies

  • French onion pizza

    SARIE KOS Somer 2009/10

    Delightful as a light lunch with a salad.

  • Quick mini pizzas

    Quick mini pizzas

    SARIE KOS Somer 2009/10

  • Roer! - Deon Meyer se pizza

    Roer! - Deon Meyer se pizza

    SARIE - Junie 2010

    Die klaar uitgerolde pizzabasis kan vir tot 'n maand in die vrieskas gehou word. Pak dit doodeenvouding tussen lae kleefplasiek.

  • Tamatiesous

    Tamatiesous

    SARIE - Oktober 2008

    ’n Lekker pizza word gemeet aan die tamatiesous wat bo-op kom. Kook sommer sous en vries in bakkies. En onthou, ’n goeie tamatiesous kook lank, minstens 2 ½ uur.

  • Vinnige mini-pizzas

    Vinnige mini-pizzas

    SARIE KOS Somer 2009/10

    Met ’n paar lekkertes uit die deli kan jy in ’n japtrap heerlike hongerstillers voorsit.