Pangebraaide kammossels op warm kekerertjie-puree
Die puree is byna hoemoes wat sop geword het.
(4 porsies)
- 30 ml botter
- 2 knoffelhuisies, gekap
- ½ ui, gekap
- 1 groen brandrissie, saadjies verwyder, gekap
- 1 x 400 g-blik kekerertjies (chickpeas)
- skil en sap van 1 suurlemoen
- 200 ml melk
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 30 ml olyfolie
- 24 kammossels (scallops)
Verhit die botter in 'n mediumgroot pan. Voeg knoffel, ui en rissie by. Braai liggies vir 5 minute tot sag en deurskynend. Voeg kekerertjies, suurlemoenskil en -sap by. Braai vir nog 5 minute. Voeg melk by en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 3 minute. Verwyder van hitte en verwerk met 'n voedselverwerker tot 'n gladde puree. Geur goed met sout en swartpeper. Verhit olie in 'n skoon pan. Braai kammossels vir 2 - 3 minute per kant of tot goudbruin en gaar. Geur met sout en swartpeper. Sit voor op warm kekerertjie-puree.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Bruschetta met kekerertjie-smeer
SARIE KOS Somer 2009/10
20 minute
-
Kammossels
SARIE - Februarie 2008
Ek weet dis dalk ’n vreemde naam - die Engelse sê scallops. By ons is net bevrore kammossels beskikbaar, maar dis net so lekker. Onthou net, die gereg neem nagenoeg 4 minute om te maak, en dan moet jy dit dadelik voorsit
-
Kekerertjie-patee
SARIE KOS - Lente 2008
-
Mossels au gratin
SARIE KOS April/Mei 2011
Dit is heerlik vir 'n voorgereg of selfs as happie saam met drankies.
-
Seekos-paella
SARIE - Februarie 2010
Die lekkerste van die see, vasgevang in een gereg.

















Kommentaar