Pannekoek
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Vir my kom niks by pannekoek met kaneel-en-suiker nie.
(sowat 10 pannekoeke)
- 240 g (430 ml) koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- 2 eiers
- 250 ml melk
- 250 ml water
- 12,5 ml suurlemoensap
- 25 ml sonneblomolie en nog om pannekoeke in te braai
Sif droë bestanddele saam in 'n mengbak. Klits eiers tot lig en voeg melk, water, suurlemoensap en olie by. Meng goed. Maak 'n holte in die middel van droë bestanddele en voeg die vloeistof by. Meng en klits goed tot daar geen klonte is nie. Maak die bak met 'n lap toe en laat staan vir sowat 30 minute. Verhit sonneblomolie in 'n kleefvrye pan. Gooi van die olie af en vee die pan uit met kombuispapier. Skep met 'n groot lepel van die beslag in pan en wikkel die pan rond sodat die beslag die pan se bodem bedek. Sodra borreltjies bo-op die pannekoek vorm, kan jy die pannekoek omdraai. Plaas 'n groot bord op 'n kastrol met kookwater om die pannekoeke warm te hou. Sit die gebraaide pannekoek op die bord en besprinkel met kaneelsuiker. Sit 'n deksel
bo-op die pannekoek en braai die res van die beslag. Rol pannekoek op soos jy dit voorsit.
Kaneelsuiker
- 200 g (250 ml) suiker
- 15 ml fyn kaneel
Meng goed.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Bloubessiewafels met vanielje-crème fraÎche en stroop
SARIE Januarie 2010
’n Warm wafel wat drup van die gouestroop laat my mond water elke keer as ek daaraan dink.
-
Koffiewafels
SARIE KOS - Winter 2008
Die koffiegeur kom sterk deur terwyl hulle bak. Dis die maklikste in ’n elektriese wafelmaker.
-
Pannekoek met forel
SARIE KOS Lente 2009
Hierdie voupakkies (wraps) is baie lekker as skemerkelkie-happies. Gebruik ’n pannetjie van 14 cm groot vir handgrootte pannekoeke.
-
Pannekoek met vanielje-Pere en sjokolade-sous
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1
As jy nie verjus het nie, gebruik 'n sauvignon blanc. Verjus is eintlik net wyn sonder alkohol, van groen druiwe gemaak.
















Kommentaar
Mia van Taiwan het gesê:
ai, baie dankie suster Sarie! hier is verre Taiwan is pannekoek nog nie wat ek sou noem 'n 'inheemse dis' nie... Maar as dit reenerig en koud is wil my Afrikaner-magie net eeen ding he, en dis pannekoek! Ek het sommer die resep dubbel aan gemaak, want tien ou pannekoekies sal mos nou nooit genoeg wees nie :) Ek, my baie dankbare man, Manie ons buurman en sy Taiwanese vrou Jasmine het behoorlik ons vingers af gelek. 'n lekker mince-vulsel en natuurlik ook pypkaneel en suiker... ai, hoe lekker home-sick is ek nou!! weereens dankie aan my kuber-vriendin, Sarie
15de Mar. 2012, 13:35