Pannekoek met forel
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Hierdie voupakkies (wraps) is baie lekker as skemerkelkie-happies. Gebruik ’n pannetjie van 14 cm groot vir handgrootte pannekoeke.
sowat 20 klein pannekoekies
Pannekoek-beslag
- 140 g (250 ml) koekmeel
- 5 ml bakpoeier
- 1 ml sout
- 1 eier
- 125 ml melk
- 125 ml water
- 7 ml suurlemoensap
- 125 ml sonneblomolie
- vars kerweltakkies (chervil)
- sonneblomolie, ompannekoekies in te braai
Sif meel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak. Klits eier, melk, water, suurlemoensap en olie saam. Voeg eiermengsel by droë bestanddele en klits goed om klonte te voorkom. Verhit ’n klein bietjie olie in ’n pan en vee dit uit met kombuispapier. Skep ’n bietjie van die beslag in die pan en draai dit rond sodat beslag die panbodem bedek. Plaas klein stukkies kerwel op die pannekoekie sodra borrels vorm. Maak seker dis al effens bruin onder voordat jy dit omdraai. Draai om en braai aan ander kant tot gaar. Haal uit en herhaal proses met nog beslag. Die pannekoekies moet afkoel voordat jy hulle vul.
Vulsel
- 500 g roomkaas
- 4 grasuie (chives), fyngekap
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 400 g gerookte forel
Meng roomkaas en grasuie goed. Geur met sout en swartpeper. Om die pannekoekies te rol, plaas een op ’n vel kleefplastiek. Smeer die pannekoek met roomkaas en plaas ’n stuk gerookte forel bo-op. Vou toe en rol styf toe met die kleefplastiek. Herhaal met die ander. Hou toe totdat jy dit voorsit.
Om te drink
Houtverouderde chardonnay. Die wyngeure sal goed pas by die gerookte geure van die forel.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Komkommer met gerookte forel
SARIE KOS Somer 2009/10
-
Pangebraaide forel met kruiesous
SARIE KOS vir mans 2010
Dís die gereg om vir 'n spesiale vrou te maak.
-
Pannekoek
SARIE KOS Winter 2010 | Kommentaar: 1
Vir my kom niks by pannekoek met kaneel-en-suiker nie.
-
Pannekoek met vanielje-Pere en sjokolade-sous
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1
As jy nie verjus het nie, gebruik 'n sauvignon blanc. Verjus is eintlik net wyn sonder alkohol, van groen druiwe gemaak.
-
Uithaal-en-wys-forelgereg
Jy sal al jou vriende met dié een beïndruk.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd