Panzanella met oondgebakte tamaties
Foto’s: Donna Lewis Galery
Aandete terwyl die son sak.
Dié klassieke Italiaanse broodslaai kombineer ek met ’n caprese-slaai. Dis propvol smaak.
(6 porsies)
- 350 g kersietamaties, gehalveer
- 60 ml olyfolie
- 1 groot suurdeegbrood (of enige ander brood van jou keuse)
- 80 g slaaiblare van jou keuse
- 300 g vars mozzarella-balle
- hand vol basilieblare
- sap van 1 suurlemoen
- + sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit oond tot 200 °C. Pak tamaties op oondroosterpan. Sprinkel helfte van olyfolie oor. Geur goed met sout en swartpeper. Rooster vir 20 – 25 minute of tot begin verbruin. Laat afkoel. Verhit res van olyfolie in braaipan. Breek brood in growwe stukke en braai in warm olie vir 2 – 3 minute of tot goudbruin en bros. Plaas slaaiblare in opdienbak. Sprinkel tamaties en gebraaide brood bo-oor. Breek mozzarella in growwe stukke en strooi oor. Skeur basilieblare in growwe stukke en pak op slaai. Druk suurlemoensap oor en sit voor.
OM TE DRINK
Theuniskraal Cape Riesling (R36)
Wat is panzanella?
Dié Italiaanse slaai word gemaak van gister se brood. Tradisioneel word dit geweek in olyfolie of asyn en dan drooggedruk en in growwe stukke gebreek. Deesdae word die brood eerder in olyfolie tot goudbruin en bros gebraai.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Confit-eend met groenbone
SARIE April 2012
Die Franse manier van eend gaarmaak is hemels. Deesdae kry jy eend en eendvet by al wat supermark is. Glo my, dis ’n moet op die tafel. Paasbederf met net 7 bestanddele.
-
Maklike rogbrood
SARIE April 2012
Ek laat die brood in ’n broodmandjie rys om die mooi patroon te kry.
Paasbederf met net 7 bestanddele.
-
Ontbeende lamsbladrol
SARIE April 2012
Lamsblad was altyd Paasfees op ons tafel. Probeer dié een. Ek weet lam is so ’n bietjie duur, maar dis darem ’n baie spesiale naweek.
-
Pangebraaide groenbone
SARIE April 2012
Braai die bone in die eendvet van die confit. Jou gaste sal vra vir nog!
-
Paprika-aartappelwiggies
SARIE April 2012
Ligte namiddag-happie
Maak gewone aartappelwiggies interessant met gerookte paprika. Paasbederf met net 7 bestandele.
-
Parmesaan Broodstokkies met soetwyn
SARIE April 2012
Laataand-kaasbord
Die olywe lyk dalk baie, maar dís wat dit so lekker maak.
Paasbederf met net 7 bestanddele.
-
Platbrood-ontbytpizza
SARIE April 2012
Hierdie is ’n goeie manier om gaste te beïndruk. Alles op een bord, van brood tot kaas! Onthou om die deeg die dag voor die tyd by jou bakkery te bestel. Paasbederf met net 7 bestandele.
-
Roomys-stokkies met skop
SARIE April 2012
Nou hoef jy nie net skemerkelkies te drink nie, jy kan dit sommer eet!
Paasbederf met net 7 bestaddele.
-
Tuisgemaakte paaseiers
SARIE April 2012
Nog nooit was Paaseiers so lekker nie! Jy kan die vorms koop by SARIE se aanlynwinkel op sarie.com
Paasbederf met net 7 bestanddele.













Kommentaar