Pastaslaai

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS - Somer 2007

Pastaslaai Foto’s: Micky Hoyle Galery

'n Bakkie pasta is lekker vullend, veral as jou kind ná skool by nasorg of sport is

  • 250 g pasta (ek het skulpiepasta gebruik)
  • 250 ml mayonnaise
  • 250 ml Bulgaarse jogurt
  • 340 g geblikte mielies
  • 300 g cheddarkaas, in blokkies gesny
  • hand vol fyngekapte pietersielie
  • sout en vars gemaalde swartpeper

Kook die pasta volgens die aanwysings op die pak. Dreineer en laat afkoel. Meng die mayonnaise, jogurt, mielies, kaas en pietersielie in 'n bak. Voeg die pasta by en meng. Geur met sout en peper.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg
  • In samewerking met Amanda Weber

Verwante artikels

Galery

  • Pastaslaai
  • Pastaslaai in die kosblik

Web Development by FormFunction