Patatbrood
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Dié brood is vir my die heel lekkerste wanneer dit nog warm is sodat botter daarin wegsmelt.
- 400 g (715 ml) witbroodmeel
- 7 ml strooisuiker
- 350 g rou patats
- 50 g (50 ml) botter
- 5 ml sout
- 20 g kitssuurdeeg
- 100 ml melk
- 2 eiers
- 15 ml botter
Sif die meel in ’n groot mengbak en voeg die suiker by. Skil die patats en kook tot sag. Dreineer hulle en druk heeltemal fyn. Jy kan dit deur ’n sif druk om dit behoorlik glad te maak. Voeg die 50 g botter by en meng goed. Meng die sout en suurdeeg met die gesifte meel en suiker. Voeg die fyn patats by die meelmengsel en meng goed. Klits die melk en eiers saam en voeg dit geleidelik by die patatmengsel tot ’n lekker stywe deeg wat geknie kan word. Knie vir so 10 minute op ’n meelbestrooide oppervlak. Sit in ’n bak en maak toe met kleefplastiek. Laat rys tot amper dubbel die grootte. Knie die deeg af en vorm ’n lang wors. Sny dit in 6 stukke en vorm balletjies. Pak hulle in ’n gesmeerde koekpan (12 cm in deursnee). Maak toe met ’n afdroogdoek en laat tot dubbel die grootte rys. Verhit jou oond tot 180 °C. Smelt die 15 ml botter en verf die brood bo-op daarmee. Bak vir 45 minute tot ’n uur. Toets die brood met ’n dun pennetjie om seker te maak dis gaar.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Mediterreense brood uit 'n sakkie
SARIE KOS vir mans 2010
Dis sowaar die vinnigste manier van bak - die deeg kom sommer uit die supermark!
















Kry jou SARIE oral, enige tyd