Pavlova
Foto’s: Donna Lewis Galery
Kom geniet saam met my . . .PAVLOVA
Mooi genoeg om te eet, dis die eksotiese pavlova. Maklik om te maak ook. Dit begin alles by die veelsydige meringue - die basis van baie onthou-nageregte
JY HET NODIG
- 8 eierwitte
- 630 g (750 ml) strooisuiker
- 20 ml witasyn
- 30 ml mielieblom
- 250 ml room
- 200 g bessies van jou keuse
- 8 vars grenadellas
- versiersuiker om oor te sif
- Verhit oond tot 140 ˚C. Gooi eierwitte in 'n elektriese menger of mengbak. Gebruik verkieslik 'n glas- of vlekvryestaal-bak. Klits op hoë spoed tot sagte punte vorm wanneer klitser uitgelig word. Voeg suiker stadig by terwyl jy klits.
- Hou aan klits totdat die mengsel 'n blink voorkoms het en stywe punte vorm wanneer klitser opgelig word. Vou asyn en mielieblom in.
- Voer 'n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende sproei. Skep meringue op papier in 'n groot sirkel van 30 cm. Gebruik agterkant van 'n lepel om punte te vorm deur dit op meringue te druk en op te lig. Bak vir 45 - 60 minute of tot buitekant droog is, maar nog sag in die middel. Laat koel af.
- Klits room met 'n elektriese klitser tot sagte punte vorm. Plaas pavlova op 'n opdienbord en skep room op.
- Gooi vars bessies van jou keuse bo-op en skep die pulp van grenadellas ook bo-op. Sif versiersuiker oor.





Maak só met meringue
Voer kolwyntjie-panne uit met kolwyntjie-papierhouers en spuit met kleefwerende sproei. Verdeel meringue tussen holtes en bak soos gewoon.
Skep meringue op klaargebakte koek as versiering. Pleks van bak, kan jy dit met 'n blaasvlam bruin brand.
Skep balle roomys op gekoopte sponskoek. Smeer toe met meringue en brand bruin met 'n blaasvlam. Sit voor as nagereg met vars vrugte.
Wenk: Smeer altyd 'n klein bietjie meringue op die bakplaat se hoeke voor jy die bakpapier op sit. Dit help dat die papier nie rondgly terwyl jy die meringue smeer nie.
Het jy geweet?
'n Pavlova is blykbaar genoem na die Russiese ballerina Anna Pavlova. Dis die eerste keer in 1926 spesiaal vir haar gemaak tydens haar besoek aan Nieu-Seeland. Die sjef Herbert Saches is glo geïnspireer deur haar tutu, wat bedek was met groen blomme.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Bessie-meringue-trifle
SARIE KOS - Somer 2008
Dit sal jou letterlik sowat 10 minute neem om te maak. ’n Baie lekker nagereg vir Kersfees
-
Bessies met meringue
SARIE - Maart 2007
Meringues is vrylik beskikbaar in supermarkte. Jy kan ook die frambose (raspberries) deur aarbeie vervang.
-
Meringue-roulade met geklitste witsjokolade
SARIE - April 2010
Die kombinasie van sagte sjokolade en gevriesde bessies is 'n droom . . .
-
Pavlova met nektariens gestoof in rooibostee
SARIE KOS Herfs 2010
In die Lente 2008-SARIE KOS het sjef Lienkie Erasmus dié pavlova gemaak. Dis heerlik maklik só met vrugte.
-
Pienk meringues
SARIE KOS Somer 2009/10
Dis dalk nie heeltemal ’n lekker nie, maar darem byna! En so mooi in ’n geskenkboksie.
-
Suurlemoen-meringue-tertjies
SARIE - Maart 2007
Ek dink dié tertjies sal altyd ’n gunsteling vir die meeste van ons bly. Maak een vir elk, en sit dit as nagereg voor.





















Kommentaar