Pavlova met ’n twist
Foto’s: Donna Lewis Galery
Kombineer pavlova met gekoopte koek uit die bakkery, en jy kyk met nuwe oë na dié klassieke nagereg.
(8 – 10 porsies)
- 2 eierwitte
- 160 g (190 ml) strooisuiker
- 5 ml wit asyn
- 10 ml mielieblom
- 1 x 30 cm-sjokoladesponskoek van jou keuse
Mousse
- 80 ml melk
- 200 g donkersjokolade, fyngekap
- 5 g gelatien
- 45 ml water
- 250 ml room, geklits tot sagte punte vorm
- 5 ml kakao vir oorsif
Verhit oond tot 160 °C. Gebruik ’n 30 cm-losboompan en trek met ’n potlood ’n sirkel op bakpapier. Draai sirkel na onder en plaas papier op bakplaat. Spuit met kleefwerende kossproei. Klits eierwitte op hoë spoed met elektriese menger tot sagte punte vorm. Gooi suiker stadig by en hou aan klits tot blink,
stywe punte vorm. Vou asyn en mielieblom in. Skep meringue op bakpapier met potloodsirkel en gebruik agterkant van ’n lepel om plat te smeer in sirkel van sowat 2 cm dik. Bak 30 – 40 minute of tot meringue bros is, maar binnekant nog taai. Laat afkoel. Sny sponskoek in dun skywe van sowat 2 cm. Voer 30 cm losboomkoekpan uit met kleefplastiek. Voer bodem van pan uit met koeksnye.
Mousse: Bring melk tot kookpunt en gooi oor gekapte sjokolade. Roer tot gladde mengsel. Sprinkel gelatien booor water en laat staan tot opgeswel. Smelt oor kookwater. Voeg by gesmelte sjokolademengsel en meng goed – indien die mengsel stol terwyl jy gelatien inmeng, plaas oor pot met
warm water en roer tot glad. Vou geklopte room by. Gooi hele mengsel oor koek in pan en plaas in yskas om te stol vir sowat 3 – 4 uur. Sit meringue bo-op. Sif kakao oor en sit voor.
- Assistent Tanya Pohl
Verwante artikels
-
Donkersjokoladekoek
SARIE Februarie 2012 | Kommentaar: 2
Liesl Herwig van Kaapstad vertel dat sy dié resep by ’n vriendin in londen gekry het.
-
Herman se grootword-sjokoladekoek
SARIE Februarie 2012 | Kommentaar: 3
"Niemand kon bak soos my ouma nie. Hier is haar oorspronklike resep. Dis die maklikste en lekkerste een wat ek ken."
-
Karamel-mousse-koek
SARIE Februarie 2012
Dis ’n kombinasie van ’n flan en ’n uitgeholde sjokoladekoek van die Australiese kosghoeroe Donna Hay.
-
Sjokolade-fudgekoek
SARIE Februarie 2012 | Kommentaar: 7
Eugene Joubert van Pretoria het dié resep vir SARIE KOS ingestuur. Dis so klam dat jy dit sonder versiersel kan eet. Of gebruik gewone botterversiersel.
-
Sjokolade-peerkoek
SARIE Februarie 2012
Perfek vir dié wat nie van meel hou nie.
-
Witsjokolade-en-lemoenbloeiselkoek
SARIE Februarie 2012
Jy kan lemoen-bloeiselwater by die supermark koop.
















Kommentaar