Peer-en-bokmelkkaas-tertjies

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Lente 2009

Peer-en-bokmelkkaas-tertjies Foto’s: Micky Hoyle Galery

Die klein peertjies wat jy hierin gebruik, is só oulik. Jy kry hulle net geblik. As jy dit nie in die hande kan kry nie, gebruik ’n stuk vars peer vir elke tertjie.

12 tertjies

  • 2 velle (400 g elk)blaardeeg
  • 200 g sagtebokmelkkaas, in skywe gesny
  • 1 blik kleinpeertjies, gedreineer
  • 2 eiers
  • 250 ml room
  • 30 ml grasuie (chives), fyngekap
  • 40 g parmesaankaas, gerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak  

Verhit oond tot 180 °C. (Ek het ou pannetjies wat aan my ouma behoort het, gebruik, maar jy kan kolwyntjie-pannetjies gebruik.) Voer gesmeerde pannetjies met blaardeeg uit. Verdeel bokmelkkaas tussen pannetjies en plaas ’n klein peertjie bo-op elkeen. Klits eiers, room, grasuie en parmesaankaas saam. Geur met sout en swartpeper. Gooi oor tertjies en bak vir 25 minute tot gaar.

Om te drink
Riesling probeer Klein Constantia s’n.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels

  • Beet-en-uie-tarte tatin

    Beet-en-uie-tarte tatin

    SARIE KOS Somer 2009/10

    Tarte tatin is 'n onderstebo tert. Makliker om te maak as wat jy dink!

  • Camembert en brie met rooiwynstroop

    Camembert en brie met rooiwynstroop

    SARIE KOS Herfs 2010

  • Kaasbord

    Kaasbord

    SARIE - Desember 2010

    Enige soort kaas is koning saam met heerlike ryp vye.

  • Kaaspoffertjies

    Kaaspoffertjies

    SARIE KOS Somer 2009/10

    Verpak dit mooi as geskenk - of geniet dit self!

  • Knoffel-en-kaas-rooikool

    Knoffel-en-kaas-rooikool

    SARIE KOS vir mans 2010

  • Koue ertjie-en-kruisement- sop

    Koue ertjie-en-kruisement- sop

    SARIE KOS Somer 2009/10

    'n Koue sop op warm dae is 'n lafenis, veral met die vars groen smaak van kruisement en ertjies. Voeg 'n bietjie sout by wanneer jy die ertjies kook om die groen kleur te behou. 4 porsies

  • Mascarpone-tertjies

    Mascarpone-tertjies

    SARIE KOS Herfs 2010

    Dié tertjies herinner aan Portugese vla-tertjies. Die gekaramelliseerde pekanneute is opsioneel - maar dis heerlik én dit lyk mooi.

  • Patat-tertjies

    Patat-tertjies

    SARIE - Mei 2010

    Nie heeltemal soet nie, maar ook nie eintlik sout nie.

  • Spinasie-tertjies

    Spinasie-tertjies

    SARIE KOS Somer 2009/10

    Lekker vir middagete. 6 porsies

Web Development by FormFunction