Peer-en-sjokolade-tarte-tatin
Foto’s: Donna Lewis Galery
Moenie skrik vir die groot woorde nie, dis maar net 'n onderstebo peertert.
(1 mediumgroot tert)
- 30 ml botter
- 45 ml bruinsuiker
- 4 pere, geskil en gehalveer
- 100 g melksjokolade, grofgekap
- 1 x 500 g blaardeeg
- 50 g okkerneute
- 300 g crème fraîche
Verhit oond tot 180 °C. Smelt botter in 'n oondvaste braaipan van 30 cm en gooi suiker by. Laat stadig karamelliseer vir 3 minute. Sit pere gesnyde kante na onder in karamel. Braai vir 5 minute.Verwyder pan van hitte en strooi sjokolade oor. Sny blaardeeg die grootte van die pan en plaas stewig bo-op die pere en druk vas. Bak vir 20 - 25 minute of tot goudbruin en gaar. Plaas 'n bord oor die pan en draai met een vinnige beweging om en keer uit. Sprinkel gekapte okkerneute oor en sit voor met crème fraîche.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Gesonder peer-sjokoladekoek
SARIE KOS Lente 2009
Minder ryk steeds so lekker
-
Granadilla refrigerator tart
SARIE KOS Somer 2010/11
-
Kaneel-doughnuts met dik sjokolade-sous
SARIE - Februarie 2010
Daar is iets baie verleideliks aan kos wat jy in sjokoladesous kan doop.
-
Peer-en-sjokolade-tert
SARIE KOS Lente 2009
Sjokolade en pere werk so goed saam soos sout en peper.
-
Sjokolade-tiramisu
SARIE KOS Somer 2009/10
My weergawe van tiramisu - ek voeg gesmelte sjokolade bo-op by
-
Tarte Tatin
SARIE - November 2007
Tarte Tatin is ’n omgekeerde appeltert, maar jy kan ook die appels met pere vervang. Dis werklik ’n baie maklike resep.
















Kommentaar