Gesonder peer-sjokoladekoek
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Minder ryk steeds so lekker
Koek van 16 snye
Porsiegrootte: 1 sny
- 200 g Lindt 70%- donkersjokolade
- 50 g botter
- 25 ml gouestroop
- 50 ml sonneblomolie
- 4 groot eiers
- 5 ml vanieljegeursel
- 200 g (250 ml) suiker
- 2 middelslag pere, geskil, ontklok en grofgerasper (300 g gerasperde peer)
- 75 g pekanneute, grofgekap
- 200 g (350 ml) koekmeel
- 1,25 ml sout
Verhit oond tot 180 ˚C. Voer ’n koekpan van 22 x 22 cm met bakpapier uit en spuit of smeer dit. Smelt sjokolade en botter oor kookwater. Roer stroop en olie geleidelik by. Klits intussen eiers, vanieljegeursel en suiker saam tot liggeel en donsig. Klits sjokolademengsel geleidelik by eiermengsel. Klits voortdurend. Roer gerasperde pere en neute by. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam en roer by. Skep in voorbereide koekpan en vee deeg gelyk. Bak vir 35 – 40 minute tot gaar – toets met ’n tandestokkie.
Peer-tjips
- 1 Beurre Bosc-peer, baie dun gesny met skil en al
- 30 ml strooisuiker
Verhit oond tot 150 °C. Doop peersnytjies in strooisuiker en plaas op bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier. Bak vir 15 minute. Draai snytjies om en bak vir nog 15 minute. Haal uit en laat verder bros word. Rangskik bo-op koek.
Veerlig
Die metode vir die gesonder weergawe sluit ’n bietjie meer lug in en rysmiddel is bygevoeg. Dis nou lugtiger – dít laat porsies groter lyk.
Stroopsag
Gouestroop dra by tot die koek se sagtheid.
Minder botter
Die verskil is 10 ml minder suiker en 5 ml minder botter per porsie. Minder botter en die gedeeltelike vervanging daarvan met sonneblomolie verminder versadigde vet en cholesterol en sorg vir meer poli-onversadigde vetsure.
Eet dít saam
Sit voor met ’n klein skeppie room of laevet-roomys, maar dis nie by die voedingstof-analise by-bereken nie (tjips ook nie).
Vergelyking van voedingstof-analise per porsie
| RESEP | ENGERGIE | KOOLHIDRATE | PROTEIENE | VET | CHOLESTEROL |
| Oorspronklik | 1604 kj | 44.5 g | 4.3 g | 20.5 g | 75 mg |
| Aangepas | 1220 kj | 33.0 g | 4.0 g | 15.6 g | 59 mg |
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
- In samewerking met Hilda Lategan
Verwante artikels
-
Gesonder gekrummelde hoender
-
Gesonder turkse lekkers
SARIE KOS Somer 2009/10
-
Nina se gesonder sjokolade-peperment-tert
SARIE KOS Somer 2009/10
-
Nina se sjokolade-peperment-tert
SARIE KOS Somer 2009/10
My dogter Nina het tydens 'n vakansie op Oudtshoorn dié resep by 'n vriendin se ma gekry. Sy't dit aangepas en maak dit gereeld vir ons.
-
O, koek! 'n Realiteitsprogram in 'n bakkery?
SARIE Julie 2010
Ja, dis waar! Discovery Channel (DStv-kanaal 121) se realiteitsprogram Cake Boss is op 12 Julie om 17h30 vir die eerste keer in SA te sien, maar dis reeds 'n internasionale fenomeen.
-
Peer-en-sjokolade-tarte-tatin
SARIE - April 2010
Moenie skrik vir die groot woorde nie, dis maar net 'n onderstebo peertert.
-
Sjokoladekoek
SARIE - Januarie 2011
-
Voorkom depressie met 'n gesonde dieet
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
Depressie is een van die top-5 toestande waarmee Suid-Afrikaners gediagnoseer word. 'n Onbeheerbare behoefte aan veral soet- en styselkos is dikwels 'n simptoom: soos sjokolade, tjips, koek en ander 'kitskosse'.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd