Pere gekook in jeropigo

Deur Barbara Joubert, SARIE - Augustus 2009

Pere gekook in jeropigo Foto’s: Micky Hoyle Galery

Ek weet pere word gewoonlik in rooiwyn gekook, maar jeropigo of selfs muskadel smaak net so lekker – indien nie lekkerder nie

(6 porsies)

  • 750 ml jeropigo/muskadel
  • 100 g (125 ml) suiker
  • 1 kaneelstok
  • skil van 1 lemoen
  • 6 pere, geskil
  • 25 ml mielieblom

Bring jeropigo/muskadel, suiker, kaneel en skil van lemoen tot kookpunt. Roer tot al die suiker opgelos is. Voeg pere by en kook vir 25 minute. Haal uit en gooi sous deur ’n sif. Meng die
mielieblom met ’n bietjie van die sous tot ’n gladde pasta, voeg by die warm sous en kook tot verdik. Plaas pere terug in die sous en laat koud word.

Sit voor saam met
Die pere word as nagereg geëet. Mascarpone-kaas daarby is heerlik, asook ’n lekker vanieljeroomys.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels